President Jacob Zuma se benoeming van regter Mogoeng Mogoeng as hoofregter is met gemengde gevoelens ontvang.
Mogoeng is in 2009 as regter van die konstitusionele hof aangewys. Zuma het Dinsdag aangekondig dat hy die 50-jarige Mogoeng sal benoem vir die pos van hoofregter. Die leier van die UDM, Bantu Holomisa, sê hy is bekommerd oor Mogoeng se ouderdom. Holomisa sê Mogoeng het nie baie ondervinding in die konstitusionele hof nie en dat hy omstrede blyk te wees. Die IVP het ook gesê Mogoeng is betreklik junior vergeleke met ander regters. Die DA het gesê hy is nog nie gereed om kommentaar te lewer oor Zuma se benoeming nie. Mogoeng is in 1997 as regter in die Noordwes-hooggeregshof aangewys en het in 2002 regter-president geword na twee jaar in die arbeidsappèlhof. Die pos van hoofregter het op 14 Augustus vakant geword nadat oudhoofregter Sandile Ngcobo se dienstermyn verstryk het. Zuma het eers versoek dat Ngcobo vir nog ʼn termyn aanbly. Ngcobo het dit egter van die hand gewys kort voor die konstitusionele hof in elk geval bevind het dit sou ongrondwetlik wees om sy termyn te verleng. Politieke partye en die Regterlike dienskommissie het tot 24 Augustus om op Mogoeng se benoeming te reageer. President Jacob Zuma se benoeming van regter Mogoeng Mogoeng as hoofregter is met gemengde gevoelens ontvang. Mogoeng is in 2009 as regter van die konstitusionele hof aangewys. Zuma het Dinsdag aangekondig dat hy die 50-jarige Mogoeng sal benoem vir die pos van hoofregter. Die leier van die UDM, Bantu Holomisa, sê hy is bekommerd oor Mogoeng se ouderdom. Holomisa sê Mogoeng het nie baie ondervinding in die konstitusionele hof nie en dat hy omstrede blyk te wees. Die IVP het ook gesê Mogoeng is betreklik junior vergeleke met ander regters. Die DA het gesê hy is nog nie gereed om kommentaar te lewer oor Zuma se benoeming nie. Mogoeng is in 1997 as regter in die Noordwes-hooggeregshof aangewys en het in 2002 regter-president geword na twee jaar in die arbeidsappèlhof. Die pos van hoofregter het op 14 Augustus vakant geword nadat oudhoofregter Sandile Ngcobo se dienstermyn verstryk het. Zuma het eers versoek dat Ngcobo vir nog ʼn termyn aanbly. Ngcobo het dit egter van die hand gewys kort voor die konstitusionele hof in elk geval bevind het dit sou ongrondwetlik wees om sy termyn te verleng. Politieke partye en die Regterlike dienskommissie het tot 24 Augustus om op Mogoeng se benoeming te reageer.
Mogoeng is in 2009 as regter van die konstitusionele hof aangewys. Zuma het Dinsdag aangekondig dat hy die 50-jarige Mogoeng sal benoem vir die pos van hoofregter. Die leier van die UDM, Bantu Holomisa, sê hy is bekommerd oor Mogoeng se ouderdom. Holomisa sê Mogoeng het nie baie ondervinding in die konstitusionele hof nie en dat hy omstrede blyk te wees. Die IVP het ook gesê Mogoeng is betreklik junior vergeleke met ander regters. Die DA het gesê hy is nog nie gereed om kommentaar te lewer oor Zuma se benoeming nie. Mogoeng is in 1997 as regter in die Noordwes-hooggeregshof aangewys en het in 2002 regter-president geword na twee jaar in die arbeidsappèlhof. Die pos van hoofregter het op 14 Augustus vakant geword nadat oudhoofregter Sandile Ngcobo se dienstermyn verstryk het. Zuma het eers versoek dat Ngcobo vir nog ʼn termyn aanbly. Ngcobo het dit egter van die hand gewys kort voor die konstitusionele hof in elk geval bevind het dit sou ongrondwetlik wees om sy termyn te verleng. Politieke partye en die Regterlike dienskommissie het tot 24 Augustus om op Mogoeng se benoeming te reageer.