Die Witzenberg-munisipaliteit in die Wes-Kaap ondersoek tans ʼn superintendent wat na bewering geweld teen boere op Facebook aangehits het.
Die munisipaliteit dek Bella Vista, Ceres, Tulbagh en Wolseley in die Wes-Kaap.
“Ons hanteer die saak tans as prioriteit en sal die nodige stappe teen die werknemer doen indien hy skuldig bevind word,” het David Nasson, munisipale bestuurder by die munisipaliteit aan Maroela Media bevestig.
The Star het Woensdag berig die beampte is nog nie aangekla nie en is steeds werksaam by die munisipaliteit.
“Ai, dit lyk my ons moet weer die AK47 op tel hie in die f***** Wes-Kaap. Ek is nou g*tvol van die boere en die DA [sic],” lui die beampte se kommentaar op Facebook. “Ek is dood ernstig as ek sê ons moet die AK47 optel. Ek is regtig g*tvol. Die f***** DA wil die Wes-Kaap ʼn boere provinsie maak [sic],” lui nog ʼn inskrywing.
Maroela Media wag tans vir reaksie van die Demokratiese Alliansie in die Wes-Kaap.
Intussen het stakings in die Wes-Kaap weer vandag begin ná onsuksesvolle loononderhandelings tussen AgriSA en die regering. Klik hier om meer te lees.
WEET hy watter kant is voor?
Mense met sulke idees hoort agter tralies!
En so sal dit aangaan tot elke liewe boer/witte in SA uitgemoor is…en hulle is vinnig besig om dit reg te kry. Die regering verkies om ander pad te kyk.