ʼn Mynbestuurder van Witbank is Sondag vir roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem.
Die 48-jarige man het glo teen 212km/h in ʼn 120km/h-sone gejaag en is omstreeks 08:30 naby die PetroPort op die N14 rigting Pretoria in hegtenis geneem, het Busaphi Nxumalu, woordvoerder vir Gauteng polisie gesê. “Hy is na die polisiestasie in Muldersdrift geneem waar hy formeel aangekla is en hy sal Maandagoggend in die landdroshof in Krugersdorp verskyn.