1. SAR
– ʼn Seremonie vir die 13 SANW-soldate word Donderdag om 14:00 by die Waterkloof-lugmagbasis gehou
– Versoeke vir antwoorde wat die SANW in SAR gemaak het neem toe
– Mail & Gaurdian verskyn met nuwe insigte rondom SAR
2. BRICS
– Geleentheid sluit Donderdag af in Durban
– Grootste konkrete besluit is dat ʼn ontwikkelingsbank gestig moet word. Die besonderhede word later onderhandel
– SA veiligheidswagte stoot sekuriteitpersoneel van Vladimar Putin rond. Video kan viraal gaan.
3. ANC
– Spanning tussen die ANC en sekere Cosatu-vakbonde neem toe nadat president Zuma hul striem omdat hul nie die Nasionale Ontwikkelingsplan steun nie.
4. Marikana en SAPD-beeld
– Marikana verhoor verdaag tot na Paastyd
– Advokaat George Bizos roskam generaal Riah Phiyega in getuiebank
– Spekulasie dat sy nie meer langer as ses maande gaan dien as polisiekommissaris nie
5. Hofsake en misdaad
– Carl Pistorius-saak verdaag Woensdag tot 3 April
– Oscar Pistorius Donderdag in hof vir aansoek om borgvoorwaardes te verander. Pistorius sal moontlik nie bywoon nie.
– Griekwastad-moordverhoor uitgestel tot September
– Gestroopte renosters vir die jaar staan op 188 en die slagting deur onverpoosd voort
6. Ander
– Probleme by die Middelburg provinsiale hospitaal duur voort. Sommige pasiënte verskuif na ander hospitale.
– Vrae oor tekens van mensvleis in vleismonsters deur voort.