Nuuskommentaar: Het ons niks geleer, aanbeweeg oor rassisme?

hande kultureel diversiteit rasse

Argieffoto (Foto: maxlkt, Pixabay)

Twee nuusitems spring vanoggend in die oog. In die een word Julius Malema aangehaal dat hy die naweek tydens ’n toespraak gesê het die meeste Indiërs is rassiste. In nog ’n berig word vermeld dat ’n vrou van ’n Kulula-vlug verwyder is nadat sy glo die k-woord in ’n selfoongesprek met ’n kennis gebruik het, verwysende na die vlieënier.

Op sosiale media, waar baie deelnemers na spore van ewehandige regsoptrede soek, word vuur gespoeg.

Kort tevore het die NWU-rektor eerder ’n storm aangeblaas as gekalmeer toe hy sy optrede teen die bekende kommentator, Theo Venter, probeer verduidelik het. Prof. Dan Kgwadi sê dit is onsensitief om die stelsel van apartheid of enigiets wat met apartheid verband hou, te vergelyk met dít wat tans in die demokrasie gebeur.

Kgwadi mag dit dalk nie so bedoel het nie, maar soos dit in die media staan meen hy selfs die slegste appel moet beter wees as selfs die beste van ’n ander bedeling. Zuma mag dus by verstek nie met byvoorbeeld dr. DF Malan vergelyk word nie, en Zuma kom die tweede beste daarvan af. Verskeie kenners wat op die insident gereageer het, ook swart mense, sê hulle kan niks rassisties in Venter se woorde vind nie. Lees gerus Jacob Rooi se omvattende artikel hieroor, wat ook prof. Jonathan Janse se beskouing oor spraak- en akademiese vryheid omvat.

Met die eerste raaksien van die Kulula- en Malema-berig is die impulsiewe reaksie dat seker al wat mense gaan laat afsien van hul kleinburgerlike rassistiese optrede is om hulle bykomend van onnoselheid aan te kla. Dit is soos die vrot appel onder ’n groep verantwoordelike landbouers, wat sleg met sy plaaswerkers werk. Terwyl die ander, en hul landbou-organisasies hard werk om gesindhede tussen boer en werker te normaliseer, kan een vrot appel die proses verongeluk en ’n plaasaanval genereer.

Die omvang van die ysberg onder die see is egter veel groter as wat dié enkele insidente te kenne gee. Daar rus ’n groot verantwoordelikheid op die owerheid om homself te weerhou van optredes en houdings wat rassisme sal aanblaas. Grondonteiening sonder vergoeding tel hieronder.

Dit moet in gedagte gehou word dat daar ’n hele ruk ’n pynlike nasleep gaan wees van die Zuma-era. Zuma, wat tydens ’n spesiale veldtog teen rassisme, na wit mense in Suid-Afrika as “white supremacists” verwys het, wat wit mense volgens die bewoording voor die voet as gronddiewe uitgemaak het, wat met ’n swaard van kriminele vervolging oor sy kop loop, maar by verstek nie met die swakstes van die swak presidente die afgelope eeu vergelyk mag word nie – dit dra net by tot ’n klimaat waar mense hul frustrasies lomp sal bly oordra.

Volgens ’n rubriek van Tim du Plessis die naweek gaan pres. Cyril Ramaphosa oor die volgende tien dae twee rondtes van gesprekvoering hou met ’n wye spektrum Afrikaanssprekendes. Daar was met die onlangse toespraak van die president voor die Afrikanerbond se hoofraad, tydens die organisasie se eeufeesviering, ’n byna ongehoorde negatiewe reaksie van lesers. Die aanvalle was nie net teen die president en die ANC gemik nie, maar ook die AB. Mag die nuwe reeks samesprekings beter afloop en mag dit verder vorder as ’n paar vrolike foto’s van ’n president, ’n tjop en ’n bekende Afrikaner.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Elred Ferreira ·

Dis heeltemal duidelik dat die Melting Pot idee vir die meeste mense nie werk nie.Ek gaan beslis nie my taal,kultuur,ordentlikheid en mentaliteit prysgee om by die Melting Pot in te pas nie….ek sal dit onder geen omstandighede doen nie.

Albaster ·

Daar is geen melting pot nie, die reenboog is slegs swart en minderhede word nou almal gemarginaliseer.

HPV ·

Dit maak nou drie van ons! Wil nie deel van so siek eensydige stelsel wees nie.

Meltdown ·

Die melting pot is op punt van meltdown. Die idee was dat almal opgehef word, maar nou word almal afgetrek. Die melting pot werk nie en die liberales besef dit, ongelukkig nou eers nadat die liberales sien dat die konservatiewes se voorspelling van anargiese verval waar is.

Albaster ·

Vanoggend se gesprek op praat saam op RSG het die oorkokende pot baie goeid opgesom. Alle minderheidsgroepe is mo9eg verby en die reenboognasie gaan uitmekaarspat.

Deon ·

Dit is alles goed en wel om te skryf lees die artikels maar klik op die skakel en dan wil Netwerk24 toegang aan jou verkoop

Skepties ·

Die feti dat geen ander mediagroep behalwe die genoemde wat lief daarvoor is om onmin teen ons te saai daaroor berig het nie laat my wonder oor die geloofwaardigheid. Is daar enige lesers wat ook op daardie vlug was en dit kan bevestig? Dit is tog groot nuus as n vliegtuig omgedraai het as gevolg daarvan, of wou daardie mediahuis net spoke teen ons opjaag?

George ·

Al wie ek nomineer as my verteenwoordiger is AfriForum en VF plus, geen ander afrikaner organisasie nie.

Frans C ·

Eintlik is dit maar niks anders as ‘n ANC-poging om op politieke vlak alle ras en kultuurverskille uit te wis,ten einde een reënboognasie daar te stel.Net so min as wat ‘n mens ‘n pot vol goud by die einde van ‘n reënboog gaan aantref gaan jy ‘n nasie wat deur kenners ‘n politieke struktuur beskou word,aantref by die Suid Afrikaanse ‘rainbow’.

Jy kan eenvoudig nie ras en kultuurverskille wat oor eeue tot stand gekom het en tot die ontstaan van verskillende volke gelei het oornag uit wis nie.Doen jy dit onstaan weerstand en wrywing wat tot konflik lei al sê die liberaliste ook wat.

Jy sien dit werk soos in familie,’n mens is baie bly as hul kom kuier,maar dan moet
hul nie hul verblyf oorskry nie, want jy soek darem jou privaatheid en die gedurige kanaalverandering op TV laat jy ook maar beleefd toe,want jy is nou eenmaal nie ‘n aanhanger van Britse komedie nie.

So is dit ook maar met ‘n volk jy voel tuis tussen jou eie mense,want soort soek soort
en is daar dinge wat in die familie gesê word,wat in die familie bly want dit is privaatsake,wat niks met ander uit te waai het nie,want dit maak nie inbreuk op hul familiesake nie.

Passasier ·

Het kukula sowaar die vlug laat terugdraai soos ek gelees het in ‘n ander artikel? Dit gebaseer op hoorse van n mede passasier afluisteraar? Gaan Kulula dit weer doen, om n vlug om te draai nie vir iets lewensnoodsaaklik nie maar vir so iets gebasseer op hoorse?

Lerato ·

FransC
Ons moet een nasie word met mense met verskillende pigmentasies.
Aanvaarding is n proses en sal nie eensklaps gebeur nie.
Cyril, Mandela se seun veg hard om te red wat te redde is.

Elred Ferreira ·

Nee wat…verlaag maar jou standaarde as jy wil,ek en Julius sal in jou drome een nasie wees….ek het na 94 baie hard probeer en was met tye heel positief,maar die werklikheid het my aarde toe gebring.

Piet ·

Ń nasie word gedefinieer as a groep wat taal, kultuur en etniese oorkoms deel, kom ons mors nie ons tyd nie, dit kan nie gebeur nie, die beste wat ons kan nastreef is vir wedersydse respek.

Albaster ·

Dit het ons probeer maar hulle scapegoat ons nou vir hulle korrupsie.

TDW ·

Op die ou end is dit die media en die regering wat rassisme aanblaas. Meeste van ons probeer ons beste om respekvol te leef teenoor andere, ongeag van kleur. As ons aandring op diens lei ons aan “white superiority”, as ons aandring op veiligheid is ons “cry babies”, as ons aandring op gelykheid word ons herinner aan apartheid, as ons die waarheid vertel van die stand van sake is ons rassiste. Ons kan nie wen nie, want ons mag nie eers deelneem nie. Ons kan nie meer net gesien word as diere nie. Ons het nodig om ons belasting te weerhou van die regering wat ons vertrap. Van volgende jaar af moet ons ons belasting in ‘n aparte rekening sit, en dit eers gee wanneer die regering ons reg as mense raaksien. Ons het ‘n reg om te werk, ‘n reg om veilig te wees en ‘n reg om te leef as volwaardige Suid-Afrikaners. Die wette teen wittes moet val.

thinus ·

Die ras sensitiewes pluk ‘n lat vir hulself, hoe meer sensitief mense word vir rassisme, hoe seerder maak rasse voorvalle hulle. Die k woord word al hoe kragtiger hoe meer daarteen baklei word.

ANC ·

So ons moet dit maar net aanvaar, maak nie saak hoe seer dit maak?

Jerry ·

Jan Alleman kan nie aanbeweeg of wegbeweeg van rassisme vir solank hulle leiers nie daarvan wegbeweeg. Wanneer jou taal, kultuur, godsdiens, ordentlikheid en mentaliteit ander mense uitsluit kan jy nie van rassisme wegbeweeg nie. Die realiteit in SA is so dat indien jy ander uitsluit dan is jy rassisties en dan gaan ander jou uitsluit en teiken en beskuldig en dan plaas jy jou opponente met hulle argumente in n onaanvegbare posisie. Hoe meer jy vasklou aan die onverdedigbare hoe groter raak die skade. Afrikanerleiers moet vernuwe in gees en as mense met realistiese visies sodat die Afrikaner as n minderheidsgroep in SA presies weet waar hulle toekomsgewys staan en hulle hul plek ken en weet wat van hulle verwag word in n multi rasse demokratiese samelewing. Die Afrikaner het danksy sy leiers nie aangepas nie en staan heeltemal geisoleerd van die res van die multi rasse groepe in denke en gedrag terwyl die skade en aanslag teen die Afrikaner al hoe feller raak.

AB ·

Noem die rassistiese leiers by name Jerry, dan weet ons van wie jy praat.

(Terloops, ek wag nog vir jou een voorbeeld van wat die AB vermag / beding het vir die ekonomiese en kulturele toekoms van ons nageslag – dit wat deur die ANC aanvaar en in beleid omskep is ons terwille na julle skemerkelkie saam)

Assimilasie ·

So Jerry – is dit die AB se plan en proses? Volkome eenrigting assimilasie en by implikasie totale uitroeiing van die wit kultuur, taal ens? (Want dit is ‘rassisties’ vanwee die genoemde ‘uitsluiting’?)

Brei bietjie meer uit hierop asb, jy klink na ‘n ‘Verligte’?

AB emmigrasie ·

AB lede soos enige politike elite voorskryf assimilasie vir die gewone mense, hulle self gaan emmigreer…na wit lande.

Spike ·

Na elke rasgebaseerde moord word rassisme en haat al hoe erger. Hier is geen leier wat hom aggresief daarteen uitspreek nie. Dit is hoekom mense goed kwyt raak soos op die vliegtuig

Gemaskerde Sopbeen ·

Enige iemand kan my maar noem net wat hulle wil……..Kalula hoef hulle nie af te gooi nie. Ek weet WIE ek is, ek weet WAT ek het, ek BESEF wat ek daarmee kan doen, en ek gedra myself teenoor ander soos wat ek wil hê hulle hulleself teenoor my gedra. As enige persoon nie bogenoemde so verstaan of daarmee kan saamleef nie………dan is dit HULLE probleem. Trotse lid van die onderdrukte Afrikaanse Blanke Minderheid………..

ANC ·

Jou opinie, en daarvoor respekteer ek jou. Ander se opinie is dat dit seermaak en hul het daarvolgens opgetree. Net soos jou opinie aanvaar moet word, so ook ander sin…

Gemaskerde Sopbeen ·

Hahahahaaa….ou ANC…..My opinie, jou opinie, iemand anders se opinie….wat maak dit saak? Nog erger…..wat maak dit saak as ek iemand ANDERS ‘n woord hoor sê wat ek VERMOED die geteikende persoon of ras groep BEHOORT geaffronteerd te laat voel…….en dan spring ek op soos ‘n regte klikbek en gaan vertel vir juffrou wat die of daai maatjie kwytgeraak het? Hoe belaglik kleingeestig is dit nie? Om wat te bereik? As die klikbek net haar mond doodstil toegehou het, haar opinie vir haarself gehou het, en voor haar eie deur gevee het….was daar nou GEEN Kulula berig nie. Die kaptein sou nie eens geweet het daar is na hom verwys nie…..die vlug sou op tyd vertrek het….en die woord-gebruiker sou met haar eie gewete moes saamleef. Maar toe werk dit nie so nie, né? Die preekwoord lui: Small things amuse small minds……….Kan nie help om te wonder nie: Toe die passasier van die vliegtuig verwyder is…het die klikbek vir haar tong uitgesteek, haar vingers geklap en gegaan “nê…nê….nê….nêêê….nê”?????

ANC ·

Die persoon sal nie gou weer só iets in die openbaar sê nie, so die “klikbek het SA n moeviese guns gedoen. As elkeen van ons een per dag verander…

Johan ·

Miskien moet ons eers definieer wat word met Afrikaner bedoel? Toe die Afrikanerbond gestig is, was dit bedoel vir ALLE mense wat Afrika sien as hul tuiste. Of jy nou Hollander, Engelsman, Kleurling, slaaf of wie was, as jy Afrika as jou tuiste gesien het, was jy ‘n Afrikaner.

Dalk het daardie “definisie” met tyd verander – ek weet nie? Daarom die vraag. Baie mense gebruik die woord Afrikaner, as hy/sy Afrikaanssprekende bedoel.

Ek dink in elk geval daar is vele leiers en groepe wat NIE Afrikaanssprekend is nie, wat nie aangepas het in die nuwe SA nie. Julius Malema en sy EFF is maar een voorbeeld. Om Afrikaanssprekendes weereens in die algemeen te teiken en te reken hulle het nie aangepas nie, is ‘n growwe veralgemening en nie die waarheid nie.

Baie Afriaanssprekendes het 1994 ‘n paradigma skuif gemaak, net om die afgelope jare ontnugter te word met die nuwe vlaag van “apartheid” / anti-wit sentiment wat ontstaan het – en dit het ontstaan agv swart politici wat sekere uitsprake maak. Nie die Afrikaanssprekende nie. Ons kan ook net soveel nonsens opvreet alvorens mens opnuut keelvol raak.

Lerato ·

Johan
Jou afleidings is ongegrond. Die anti-wit sentiment is nie die gevolg van politieke uutsprake nie. Dit is die gevolg van langdurige onderdrukking van die swartman.

Skepties ·

Behalwe vir Malema se uitspraak dat hy roep vir … en ons oudpresident wat sing vir soorthgelyke dinge, of tel dit nie as politieke uitsprake nie?

Casper Labuschagne ·

Ons het die punt bereik waar waarhede nie meer geopper mag word nie omdat dit ongemaklike waarhede is. Mag werklikhede nie genoem word as dit ongemak veroorsaak nie? Ek het na Malema se anti Indiër tirade gekyk en wat hy sê is iets waarmee ek kan vereenselwig omdat ek telkemale eerstehands gesien het hoe Indiërs vir swart mense behandel. Is ons nie hier besig om rassisme met ongemaklike waarhede te verwar nie, veral omdat daar nie werklik ‘n omvattende definisie van rassisme bestaan nie? Eerder is die definisie van rassisme vervat in die sosiale norme van die toeskouers – hulle weet bloot dat dit rassisties is wanneer hulle dit waarneem.

Die afdraandpad lê daarin om ongemaklike feite met rassisme te verwar. As ek nie mag sê dat ‘n bepaalde groep rassisties is nie, ten spyte van my ondervinding; as ek nie mag sê dat persoon X ‘n slegter president as persone in groep Y is nie; as ek nie mag sê dat groep X meer in ‘n spesifieke sport uitblink as groep Y nie, of beter is met wetenskap, wiskunde of musiek nie – dan is dit nie ‘n toestand van nie-rassisme nie maar ‘n onregverdige diktatuur van polities korrektheid.

Waarheen moes ons aanbeweeg weg van rassisme af? Geen toestand soos postrassisme of nie-rassisme bestaan nie want vooroordele dat diegene wat nie soos jou huisgesin lyk nie, gevaar inhou, is vasgemessel in die genetika. Die teenoorgestelde van rassisme is om respek te betoon.

Reguit ·

Sekeres moet maar weer lekker gesels en onderhandel want dit het tog so goed gewerk.

Lerato ·

Hallo Casper
Ek is geneig om in sekere opsigte met jou saam te stem.
Om vergelykings te tref is akademies en nie noodwendig rassisties nie.
Beide wit en swart staar psigologiese bedreigings in die oog. Vir die wittes is dit vrees ( nie ongegrond nie), maar die probleem is dat die vrees hulle heeltemal sal oorheers.
Die vooraf benadeeldes ( skrikkerig vir ander naam) seprobleem is victum ingesteldheid en entitlement.
Askies ek ken nie die Afrikaans vir die woorde nie.

Casper Labuschagne ·

@Lerato, – Ek stem saam met jou. Die probleem is dat rassisme ‘n politieke industrie vir swart politici geword het.

Ek hou daarop hammer dat omtrent al wat ons kan doen, en ook moet doen uit pure ordentlikheid, is om respek aan andere te betoon in dieselfde mate wat ons self respek verwag. Daar is twee kragtige aspekte aan respek, dit is iets wat diep gesetel is in die swart kultuur, al sal ek en jy dit nie dalk in die media so ervaar nie, en respek is ‘n manier om die speelveld te definieer van ons kant af. Ons kan nie hul rassisme speletjie wen nie omdat die doelpale die heeltyd verskuif word, wat gister nie rassisties was, is skielik vandag. Maar ons kan konstant respek betoon en inderdaad hul kruit natmaak sodat hulle ons nie kan aanval nie. Daarby sal gesindhede ook nie verhard word, soos wat nou gebeur nie.

Zumie ·

Terwyl die koor voluit raas oor wie wie wat noem …brand die land. Ek hoop die ogies gaan oop en ons kom agter dat hierdie tipe openbare gesprekke oor woorde net deug om ons aandag af te lei van die ernstige sake. Die Engelse praat van ‘n “red herring” …. terwyl ons aandag hiermee afgelei word word ander dinge deurgevoer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.