Nuuskommentaar: Ons erfenis is ontwikkel en gekoester, en nou skynbaar gesteel …

afrikaans-sal-bly

Foto: Stellenbosch Lente/Facebook.

Dit is nie altyd natuurrampe of oorloë wat die kultuurerfenis van volke laat verdwyn nie. Die aanslae teen Afrikaans bly veelvuldig, en daar gaan van Afrikaanssprekendes verwag word om hard te werk om die voortbestaan van die taal en sy sprekers te verseker. Want, leer die Psalmdigter, my erfenis is vir my mooi.

“My erfenis is vir my mooi.”

Hoeveel artikels en berigte oor Erfenisdag het nie al met hierdie treffende woorde uit Psalm 16:6 begin nie?

Maar dit is net ’n sinsnede. Die hele teksvers lui: “Here, my erfdeel, my beker, U bepaal my lot. Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.”

Hierdie woorde kom uit die 1953-vertaling. In die 1983-vertaling is “erfdeel” met “wat ek ontvang het” vertaal.

Die NetBible vertaal die vers so, wat weer ’n ander dimensie daaraan gee: “It is as if I have been given fertile fields or received a beautiful tract of land.” Die aanloop hiertoe is uit vers 5: “Lord, you give me stability and prosperity; you make my future secure.”

Dit is duidelik uit die verskillende vertalings dat die skrywer dit wat hy van die Here ontvang as bate beskou, en dat dit gekoester en selfs besing behoort te word.

Maar terwyl ons die erfenis besing, hetsy of dit grond is soos deur die NetBible vertolk of enige seëning, is die regering besig om wysigings aan die Grondwet aan te bring sodat grond sonder vergoeding afgevat sal word wat weer eens, volgens die NetBible, eintlik stabiliteit en voorspoed moet verskaf.

Maar wat is die algemene gevoel onder die Afrikaner/minderheidsgroepe oor hul erfenis? Vele ervaar dit dat die erfenis wat sekuriteit en stabiliteit moet bied verslons of gesteel is, of steeds word. Baie ervaar dit as synde dat ons vreemdelinge in ons eie land geword het. Kort-kort moet ons hoor hoe politici soos Julius Malema en Ace Magashule dinge kwytraak soos dat die wit mense se voorouers in Suid-Afrika misdadigers was wat met seilskepies hierheen gekom het.

Die ANC in die Wes-Kaap is suur omdat talle skole in die provinsie nie belangstel om hul ore uit te leen en skole se name te verander nie. Skole met name soos Cecil John Rhodes en Hendrik Verwoerd staan op die voorpunt van die lys “aanstootlike name” wat verander moet word.

Tans word die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, as waarskynlik die grootste sloper van Afrikaanssprekendes se erfenis beskou – ’n regte eietydse Milner, iets wat hy gereeld ontken, soos teenoor Hanlie Retief in haar Rapport-rubriek, maar haar tog voordat die onderhoud klaar was, uit sy kantoor laat gooi. (Lees hier.)

Vanjaar het die regering heelwat moeite gedoen om iets van Erfenisdag te maak. Daar was selfs ’n radio-advertensie in “Afrikaans”, maar waarin Afrikaans vermink is soos om na die “Uniegeboue,” in plaas van na die korrekte “Uniegebou” te verwys.

In breë trekke sou die herdenking van erfenis neerkom op die viering van ’n taleveelheid wat saam ’n soort taalharmonie skep. Dié boodskap sneuwel sommer in die wegspringblokke deurdat Lesufi nie op die een of ander manier berispe word oor sy verdelende en kwetsende tong nie.

Theuns Eloff van die FW de Klerkstigting skryf in Rapport soos volg: “Alle Suid-Afrikaners (ook minderheidsgroepe wat nie swart is nie) moet die vryheid gegun word en die verdraagsaamheid geniet om dit wat vir hulle kosbaar uit die verlede is en wat nie teen die beginsels van die huidige Grondwet is nie, te vier en te gedenk.”

Maar is ’n erfenis dan so kwesbaar en broos? Voorbeelde in die argeologie is volop van erfenisse wat verdwyn het, en nou moeisaam en met baie geduld gerekonstrueer moet word nadat dit eens netjies opgeteken was. Lank voor die Europeërs na die Amerikas gekom het, het die Majas oor ’n besondere skrifstelsel beskik. Karakters, simbole en kleur is ingespan om onder meer alles van belang op te teken. Hierdie dokumente is op enkele uitsonderings na as “heidens” verwoes.

Pas het argeoloë vasgestel dat die baie ou Minoïese beskawing en hul hoofstad Knossos op die eiland Kreta nie deur ’n reuse-uitbarsting van die vulkaan op die eiland Thera, ’n tsoenamie of aardbewing verwoes is soos tot dusver aan skoolkinders geleer is nie, maar omdat hul skrifstelsel verander het. Dit blyk dat klimaatsverandering groot beskawings, waaronder moontlik dié van die Romeine, laat ondergaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Hendrik ferreira ·

Die fw de klerk stigting het nie n mandaat om namens my te praat nie toe sy leier vir my oupa gesê het vertrou my het my oupa hom vertrou en nie geweet sy kinders en kleinkinders gaan onderdruk word deur sy ondeurdagte onosele quantum sprong of oor wat hy altyd geblaber het nie ,vandag is my oupa dood ons lei en de klerk sit in die rykste veiligste kompleks in die land.

PJ Kruger ·

Ek stem saam en eloff moet sy woorde beter kies en nie so veralgemeen nie. Ons Blanke Boere moet vandag suffer in alle opsigte agv hul kortsugtigheid. (Sic)

Lielie ·

@Frans…die woord is korrek.
Politici verwys na n aantal mense in die politiek.

Ig ·

Lesufi en Malema gaan seker saambraai vandag en die Afrikaners verder beswadder ens. Wie gaan Lesufi aanvat oor sy uitlatings waar is die VF??? Die VF moet meer aggresief wees asb!

lewies ·

Om die ander wang te draai is pynlik, maar die regte ding om te doen in die huidige omstandighede. Dit kan ook ‘n strategie wees.

Gemaskerde Sopbeen ·

Tog so mooi as die Bybel Versies so aangehaal word….sonder dat die mense wat die lees actually verstaan waaroor dit gaan. Die onderdrukte wit minderheid het 25 jaar terug hulle “erfdeel” vir ‘n pot lensiesop verruil…en dra nou die gevolge. Nou wil almal dit “reg bid”….en daarmee word verstaan “bid, sit agteroor, en wag vir die “magic” om te gebeur”. Dit werk nie so nie. Nehemia het sy rug af gebid vir Jerusalem se gebreekte muur….en NIKS het gebeur nie, tot die arme drommel van sy gebedsmat af opgestaan het, en gaan DOEN het waarvoor hy gebid het….en alles het in plek geval. Hoe lank gaan blanke Suid Afrikaners nog bid sonder om te implementeer WAARVOOR hulle bid? Dis die dag wat ek wil beleef……maar my tyd loop uit.

lewies ·

Jy is reg, maar waarom maak mense verkeerde besluite, is dit kortsigtigheid of ‘n gebrek aan onderskeidingsvermoe wat tog ‘n gawe van die Gees behoort te wees?

Koos Bronkhorst ·

Ek gaan n nuwe ou 1928vlag skep wat my Eurpese Unie oorsprong aandui. Dit sal 27 wit sterretjies op die blou agtergrond vertoon om EU te eer soos Union Jack die Britanje eer. Hierdie vlag sal op A3 groote papier gedruk word . Ek be-oog 100 vlae om opgehang te word by Tukkies. Hang vlar aan bome of aan toue tussen twee lamp pale.

Johanna Botha ·

Wat ons geerf het is n bangkrot land sonder krag water of dienste waar alles uitmekaar val en bestuur word deur korrupte mense met geen clue van ekonomiese beginsels. N geweldadige land waar jy al die mense regte het en die boosdoeners vrylik rondloop met meer regte as die wetsgehoorsame mense wat nog getrou belasting betaal. Wat die vlag betref is dit n simbool vir my van onderdrukking van minderhede en staatskaping. Man en ons wag nogsteeds vir die wigte en teenwigte wat netnie inskop nie. GLADNIE trots Suid Afrikaans nie ….eerste geleendheid is ek hier weg met my belasting …en so sal ek aansluit by die verplintering van SA se mense wat reeds weg is wat n verskil wou en kon maak …nou staan almal bakhand wat oorbly in SA!

Philippus Janse van Rensburg ·

Selfs van binne ons Afrikaanse gemeenskappe is ons besig om aspekte van ons erfenis te verloor: Die verdeling van twee ontwikkelings van Afrikaans uit ons geskiedenis van “besitter” en “onderhorige”( om dit so sag moontlik te stel) laat ‘n ongemak. Die opkoms van die “ander” deel, bv. Op Kyknet en in die algemeen, klink vir my so half-en-half na ‘n “statement”, onthou, ons is ook op die toneel! Om nie kwetsend te wees nie, gaan ons baiemaal kunsmatig met mekaar om, hou ons die vriendelike masker op,vermy ons die seermaakwoord. Dit is ‘n aspek wat op ‘n dag soos vandag moeilik maak.
Want daar is gebeure en mense uit mý verlede wat ek nooit kan deel met my mede Afrikaanssprekende landsgenote nie. Ons het te ver van mekaar gebly.

DS ·

Rachel Steve se nerens hy is iemand se leier nie maar hy se wel hy sal baklei vir Afrikaans en die onderdrukking van die wit Afrikaner. Ek glo nie jy het genoeg moed om op jou persoonlike sosiale media “jou besluite wat jy wil neem” te sit en die gevolge te dra soos Steve nie. So los hom maar uit en neem jou besluite maar los die wat genoeg moed het om nog vir ons wit Afrikaner op te staan uit!

Ism ·

DS, Dannie hiervoor. Ek spot altyd dat ek nie my dogter by Steve sal los nie ???? maar TEN MINSTE SÊ HY IETS!! Maar soos die spreekwoord sê: beste stuurman staan aan wal….

Rachel ·

Wel, die rightwingers het mý kultuur gehighjack en ek is nie baie gelukkig daaroor nie. Steve is NIE my leier nie. Ons boere hou daarvan om self ons besluite te neem. Ek weet van geen verkiesing wat hom n posisie gegee het nie.

Gert ·

Steve is nie ‘n verkose leier nie, maar hy is wel ‘n dapper man wat die huidige situasie reg ontleed, en nie bang is om die waarheid te noem nie, in ‘n land waar daar geen vryheid van spraak meer is vir minderhede nie, net vir die oorheersers. Daarom bewonder ek hom al is hy nie verkose nie.

Kallie ·

Steve moet ‘n politieke party stig om sy steun en sienings te toets. Dan is hy ook verkose.

Landvaneensydigheid ·

“Oorlog is politiek met bloed, politiek is oorlog sonder bloed.”. Dalk moet julle selfsugtige “leftwingers” net julle kop uit die sand haal en sien jou erfenis is “hijack” deur die ANC en EFF tot die benadeling van jouself…

Neels ·

Indien Afrikaners wat as Afrikaners wil oorleef steeds voortploeter sonder ‘n politieke plan is ons gedoem. Dit was nog altyd so hier aan die suidpunt van Afrika. Ons gedra ons nou soos hulpelose bywoners wat op ander steun vir ‘n plekkie in die son. Ignoreer die Lesufis en Malemas van die wêreld en begin bou aan ‘n nuwe politieke toekoms. Afrikaners wat gelukkig is met die huidige bestel kan wag vir Max en Adriaan om leiding te verskaf.

Frik ·

Ek stem saam Neels. Daar is ‘n noue verbintenis tussen politiek en kultuur.

JR ·

Jy is reg die tyd toe die vlugtelinge uit hul land na SA gevlug het omdat hulle nie hulle Godsdiens mag verkondig nie so het ons tyd dalk aangebreek om vir ons ook n veilige hawe te skep

Melanie ·

Daar is een man wat vir my die mees suiwerste afrikaans praat en dit is Chris Chameleon. Wanneer hy afrikaans praat, praat hy NET afrikaans, en so ook met engels. Jy meng nooit sy tale nie. Soveel afrikaanssprekendes meng hulle taal dat afrikaans na ‘n regte ‘kombuis’ taal klink. Hulle besef nie watse mooi taal afrikaans is nie. My huis taal is engels en ek dink ek is meer ‘trots afrikaans’ as mense wat afrikaans hulle huis taal is. Dit is jammer en eintlik ‘n skande.

Koos ·

Selfs ons eie verenigings soos die Atkv, gee nie meer regtig om nie, dit gaan oor geld, lyk dit my. By twee Atkv oorde in die jaar, het ander kulture oorgevat, en Atkv trek net skouers op.

Swannie ·

Wat verwag jy ? Kyk dan net wie is aan die stuur by ATKV !!
I rest my case.

Wayne ·

Die taal en sy sprekers is maar een aspek van ons Volk, en nie die enigste aspek nie! Die aanslag teen Afrikaans het niks met Afrikaans te doen nie, dit is deel van die aanslag teen ons Volk, die Skepper en die skepping. Wat help dit Afrikaans word behou maar ons Volk word uitgewis deur vermenging en of volksmoord? Ons moet die aanslag reg verstaan en die werklik kosbare leer beskerm, al is dit polities nie korrek nie. Ons Volk as minderheid kan ons nie volhoubaar handhaaf in ‘n land waarin ons identiteit en voortbestaan elke dag ondermyn en afgetakel word en ons geen beskerming geniet of selfs eers mag organiseer nie, waar ons simbole en liedere beweerdelike haatspraak daarstel en ons kinders deur vreemde ideologie verpligtend vervreem word nie. Selfbeskikking is myns insiens die enigste oplossing, en dit impliseer ‘n wegbreek van die reënboognasie.

Jimmy ·

Geografiese selfbeskikking is die enigste oplossing. Daar is Afrikaanssprekende bruinmense in die westelike deek van die land wat dieselfde siening deel. Gaan besoek gerus die Verenigde Vyheids Alliansie se webtuiste en lees deur hul voorstelle vir ‘n konfederasie. Daar is niks rassisties in die voorstelle nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Wayne, die enigste mense wat ek al van gehoor het wat uit ‘n onderdrukkende regime kon uitkom en geografiese selfbeskikking kon bewerkstellig, se leier het in ‘n mandjie in ‘n rivier rond gedryf, hy’t jare in die “koning se paleis” diens gedoen, en moes op TIEN plae staatmaak waarna hulle 40 jaar in ‘n woestyn rondgedwaal het om van al die kla-kouse en jammer-gate ontslae te raak, voordat hulle geografiese selfbeskikking verwerf het…..en selfs toe was dit uiteindelik nie ‘n sukses nie, was dit?

Frik ·

Soppie, Afrikaners sal verdwyn in die bankkrot reënboogkonkoksie. Die oormag is net te groot. Begin bou aan iets nuuts. Dit kan gedoen word binne 40 maande.

lewies ·

Voordat daar nie ‘n gemeenskaplike gesindheid en die verstaan van rentmeesterskap bewerkstellig kan word nie, sal daar geen tree in die regte rigting in Suid-Afrika beweeg word nie.

Wingman ·

Ek twyfel of dit ooit in SA sal gebeur. Dit is ‘n groot probleem dwarsoor Afrika en dikwels die rede vir staatsgrepe. SA sal ook deur die weermag oorgeneem word.

Pieter ·

Hou die FW stigting ver weg van my kultuur. Hul denke is vir my en my voorouers ‘n verleentheid.

lewies ·

Jy is reg “Wingman” , dit is die realiteit in Afrika oor baie jare, maar ek glo aan die “mostersaad” fenomeen wat baie later as ons miskien nie eers meer daar is nie, sy doelwit sal bereik. Plant en gooi nat. Die res sal self gebeur. Dis die enigste waarborg wat ons het.

San ·

Lesufi is een vd swakste aanstellings wat die ANC nog gemaak het. Hy is absoluut teen Afrikaans en beskou enige iemand wat Afrikaans praat as rassisties. Om voorentoe te beweeg moet alle tale erken word.

Adam ·

Jou erfenis bestaan nie net uit tasbare dinge nie en weinig Afrikaners doen die moeite om hul kinders en hul kleinkinders behoorlik in te lig oor wie en wat hulkle is en waar hulle vandaan kom. My persoonlike belewenis is dat hoe swakker die Afrikaner se posisie is, ongegag of dit weens gebrekkige akademiese opleiding ens is, hoe meer bedreig voel hy en dit vergroot die kans dat hy aan die regterkant van die politieke spektrum ‘n tuiste gaan vind. Of iemand liberaal of konserwatief is. is eintlik irrelevant aangesien ons heelwat meer pragmaties sal moet wees. Dit gaan nie help om die heeltyd slagoffer te speel nie.

skurweberg ·

Adam, Die “ens” waarvan jy praat sluit seker ook armoede onder die Afrikanervolk is. My gewaarwording is dat rykdom onder volke en nasies aan hulle die selfvertroue, selfwaarde en onder sekere omstandighede ‘n arogansie gee wat ons in die huidige omstandighede broodnodig het om te oorleef. Dit is wel ‘n tydelike oplossing vir die hier en die nou, maar dit bly ‘n handige hulpmiddel om ook te stry vir die behoud van Afrikaans.

Loutjie ·

MM, ek was nou rooi onder die kraag, hoe kan julle n skakel gee nl lees(hier) en die skakel vat my na media 24 toe? Ek lees al etlike jare nie meer die liberale koerante en tydskrifte nie en weier om te betaal vir hulle gemors.

Loutjie ·

MM, ek was nou rooi onder die kraag, hoe kan julle n skakel gee nl lees(hier) en die skakel vat my na media 24 toe? Ek lees al etlike jare nie meer die liberale koerante en tydskrifte nie en weier om te betaal vir hulle gemors. Staan julle hand om die blaas met media24?

Cornelia ·

Hoe voel ek oor my “erfenis.” Dankbaar. Daar is ‘n getuienis uit my erfenis wat as ‘n ewige getuienis sal voortleef. Wat getuig van goeie rentmeesterskap te midde van erosie aanslae van binne en buite. Volksgenote en vreemdes. Vir my is ons erfenis : “EMANNUEL” (GOD by Ons) Die menigte positiewe en lewensenergieke monumente van BOU en GLO in God se Nou en Hierna plan vir ons volk, vul my met ‘n Vrede wat alle verstand te bowe gaan. Ons het ‘n Taak en ons gaan voort om dit na te kom al veg ons met ons rug teen die muur. Ons Oorwin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.