Nuuskommentaar: Vantastiese Banksyfers (VBS) – Te fantasties vir woorde

Die EFF se Floyd Shivambu.

Die lot van die eerste bank in Suid-Afrika wat ten volle in swart besit was, VBS Mutual Bank, is besig om opslae te maak. Verhale van grenslose inhaligheid ontvou. Die gevaar wat dit vir rasseverhoudinge in die land inhou, veral omdat die EFF skaamteloos die rassetamboer slaan, kan egter nie uit die oog verloor word nie.

Sekerlik die tergendste vraag van die waarskynlik grootste bankroof in die geskiedenis van Suid-Afrika is hoe die beweerde plegers gereken het hulle kan daarmee wegkom. ’n Bank “verlê” immers nie sommer R1,8 miljard sonder dat iemand dit agterkom nie.

VBS, as eerste bank wat ten volle in swart besit was, het skynbaar nie geskroom om die raskwessie tot sy voordeel te gebruik nie. Wanneer daar vrae was oor munisipaliteite se voorgenome beleggings by VBS is gewoon aangevoer dat dit ter ondersteuning van swart ekonomiese bemagtiging is, en dan is vrae normaalweg skynbaar besweer. Boonop het VBS se rente vir sekere beleggings 7,25% beloop teenoor FNB se 5,4%. VBS het ook ’n stelsel geïmplementeer om diensverskaffers aan munisipaliteite gou te betaal – ’n segment van die ekonomie wat weens onder meer ’n gebrek aan sekuriteit en ervaring as hoë risiko-bedrywe beskou word en moeilik elders krediet kry.

Boonop is glo so oorboord gegaan met die aanskaf van luukshede soos peperduur motors dat die strooptog op die bank moes aandag trek.

Menselewens is vernietig.

City Press stel dit baie goed: “It is actually surprising, with all the attention the bank received, that it was seemingly not enough to foster strict and disciplined management of affairs among all those involved in this black-owned specialist corporate finance and retail bank.”

’n Deel van die skade is egter minder konkreet – die mate waarin die gebeure rasse-vooroordele kon voed. Om sake verder te vertroebel is vanoggend berig dat die Valke nou ook ondersoek instel na die huislening wat die bank aan die eertydse president, Jacob Zuma, toegestaan het om Nkandla-skuld aan die staat te kan terugbetaal. Rooi ligte wil maar nie ophou flikker nie. Na berig word, is die eerste verbandpaaiement eers 18 maande nadat die lening goedgekeur is aan die bank, toe reeds onder kuratorskap, terugbetaal. Die moontlikheid van skynbetalings word ook ondersoek.

VBS is nie die eerste bank in Suid-Afrika wat ondergegaan het nie. Randbank (wat nie met Rand-Aksepbank verwar moet word nie) se ondergang was egter nie aan misdaad te wyte nie, maar erge misrekening met die potensiaal van ontwikkelings aan die kus – sensussyfers ten spyt. Destyds is statutêre maatreëls ingestel wat feitlik sou verseker dat ’n bank in Suid-Afrika nie weer sou kon ondergaan nie.

Dat die statutêre maatreëls wel geklop kon word – en dit nogal deur opvallende beweerde skelmstreke – is slegte nuus in die aangesig van die regering se verbete vasbeslotenheid om voort te gaan met onteiening sonder vergoeding. Pres. Cyril Ramaphosa gee wel versekerings, maar dit is duidelik dat die probleem nie voldoende aandag kry sodat banke, hul aandeelhouers en depositohouers gerus kan slaap nie. En dit beteken dat Suid-Afrika as geheel nie te gerus kan slaap nie.

Dit is leeuwêreld waar ’n domino-effek maklik kan ontstaan.

Terwyl die finansiële en kriminele aspekte van VBS ontvou, moet die impak op die land se rasseverhoudinge versigtig dopgehou en bestuur word, veral aangesien die EFF reeds die rassevlamme begin aanblaas het. Dit is moeilik om van Rapport te verskil dat Mariette Venter, wat finansiële hoof van die Capricorn-distriksmunisipaliteit was, ’n heldin is omdat sy geweier het dat haar munisipaliteit ook geld in VBS belê. So is baie skade voorkom. Met die EFF aan die spits is sy egter skandalig geteister. Sy is onder meer as rassis gebrandmerk.

Intussen het die gety gedraai, en is dit die EFF wat moet wal gooi dat dit klap dat prominente lede van die party, en die party self, nie ook vingers in die bonanza gehad het nie.

Die vraag oor hoe so iets onder die neuse van professionele ouditeure kon gebeur, is ’n kwessie op sy eie en geniet reeds die aandag van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (Saica). Agt van sy lede, wie se name gepubliseer is, word by die skandaal betrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

marius ·

Kom ons vat nou die lesse uit VBS geleer en pas dit netso toe op die grond.

Arak ·

Nog ‘n SEB suksesverhaal. Nou wonder ek of die SARB weereens die fondsies gaan plunder uit die geldmarkfondse soos wat hulle laas gemaak het om African Bank te red en gaan die skuldiges ooit aan die pen ry?

Catch a wake-up ·

“die eerste bank in Suid-Afrika wat ten volle in swart besit was” – enough said.

Eish ·

Genadiglik het ek geen berig gelees of nuusuitsending gehoor waar enige lid van die Afrikaansprekende minderheidsgroep enigsins die raskaart in die debakel gespeel het nie.
Trouens, hul is nie eens betrokke by die VBS bank nie. Net soos hul nie betrokke is by die Black Lawyers Association of enige soortgelyke organisasie nie.
Dit, is genade alleen.
Die ouditeure geimpliseer, trouens elkeen geimpliseer, indien skuldig, is gedryf deur gierigheid. Dit, is die wortel van die kwaad, die res, n rookskerm.
Wat weereens bewys is, is dat die speel van die rassekaart n kwarteeu na die eerste demokratiese verkiesing, n rookskerm geword het om n kanker te verbloem.

LB S ·

Genadiglik? Ons Afrikaanses en die res van die blankes gaan moet opmaak hiervoor. Soos Arak sê, soos dit wat met African Bank gebeur het!

Adriaan ·

Ek het nog geen verwysing na die Bank Reguleerder (Prudential Authority) se rol in die VBS fiasko gesien nie. Ek wonder of die vereiste opgawes ingedien is?

TinRSA ·

Die opgawes was gekook en die ouditeur van KPMG het afgeteken. ‘n Klad op die professionaliteit van ouditeurs.

1+1 ·

Onderwerp die hele spul aan leuenverklikkertoetse en gebruik die beste opgeleide operateurs en dokters om die toestelle te hanteer.

Helen ·

Behoede die nasie as hul al die banke “nasionaliseer” soos hul só angstig is om te doen, dan verdwyn almal se hard verdiende geld in ‘n oogwink. Laat mens wonder waar is jou geld veilig.

Swannie ·

Wel, niemand kan stry dat Dekolonisasie perfek gewerk het by VBS nie.

JWM ·

Sal daar enige effek hieruit op die politiek wees, wonder ek? Sal die kiesers steeds maar vir die EFF en ANC stem?

Sarel ·

Ja want hul ondersteuners glo nog sterk dat hulle beurt by die trog sal nog kom .

Ben ·

Dit het so lekker gegaan by VBS dat die manne visioene begin sien het van groter rykdom, vandaar die aandrang van sekere van die bevoordeeldes, dat alle banke genasionaliseer moet word. Tweeduisend-miljoen is mos nou nie juis geld vir dié met die groot koppe nie.

Hankie Steyn ·

SAICA het so baie wette en regulasies dat hulleself nie weet wat aangaan nie. Desedae kan elke jan rap en sy maat CA kry. Nie meer ‘n prestige beroep nie.

LB S ·

Selfs ‘n behoorlike CA bekwame persoon kan ‘n GROOT skelm wees! Die probleem is juis hulle slimgeit wat hulle in die moeilikheid laat beland, soos “slim vang sy baas”.

Nikita ·

Meer geld as verstand. En vir hulle is dit natuurlik…..kleingeld! Korrupsie is die dood van elke onderneming. So waar as padda manel dra!

Chrisjan ·

Wat ek telkens waarneem ( en ek mag verkeerd wees) is dat sodra sekere politieke leiers op hul agtervoete beweeg en besig is om hulself te verdedig, is daar minder of geen plaasaanvalle…

Wessie ·

Jou Vantasties woordspeling werk nie lekker nie! Dalk kon jy Verbete Bank Skelms oorweeg?

Hans ·

Dit was nou Plunder en Hebsug “ge-koller en getie in overdrive”

Spark Plug ·

Die regering sal alles ontken en se dit was alles n slim plan om hulle sleg te maak. Daar was niks fout met die bank nie…die geld word terug betaal, vertrou hulle net

What a joke! ·

Ai ek weet ek moet nie lag nie maar ja daar is dit nou …
Die eerste bank in Suid Afrika wat ten volle in swart besit is en wat gebeur??? N free for all en hul skep tot die wiele af kom….
So slaan maar op jul ou rasse drom eff maar dit is een groot klad op jul naam!
Hoe dan anders verwag van so n klomp rassistiese narre!..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.