1. Vleisskandaal
– Kettingwinkels word geïdentifiseer wat nie die korrekte etikette op vleis aangebring het nie.
– Volgens City Press is daar 82 produkte wat nie aan die vereiste voldoen nie.
– Miljarde rande is ter sprake as ʼn regeringsondersoek kan bevind dat daar met etikette van vleisprodukte gepeuter is.
2. E-tol
– Stelsel is onder druk indien motoriste weier om e-skyfies te koop.
– Die DA is nie van plan dat die N1 en N2 snelweë in die Wes-Kaap getol gaan word nie.
– Volgens die DA gaan inwoners van Mitchells Plain en Khayelitsha wat na Kaapstad se sakegebied reis die swaarste getref word.
3. ANC
– Die SA-regering staan ʼn lening van R900 miljoen toe aan Zimbabwe om in 2013 verkiesing te hou.
– ʼn Skildery met ʼn wit president Zuma en Mandela is van ʼn kunsuitstalling in Nelspruit verwyder.
– Limpopo premier Cassel Mathale ontken dat hy ondersoeke belemmer van senior amptenare wat sy belange beskerm.
– Die IVP vra dat bewerings ondersoek word dat familie van president Zuma sub-tenders ontvang het om Nkandla te help bou.
– President Zuma besoek die week Nigerië en Algerië
– Die Gupta’s beplan ʼn duur troue vir een suster by Sun City
4. Mervyn Rees oorlede
– Mervyn Rees was een van Suid-Afrika se bekendste ondersoekende joernaliste en is aan kanker oorlede. Hy het help om die Inligtingskandaal te ontbloot.
5. Nelson Mandela
– Rusie tussen kinders en trustees dreig om in die hof te draai.
– Volgens Graca Machel gaan dit goed met Madiba se gesondheid
6. Margaret Thatcher
– Volgens die IVP vertrek Mangosuthu Buthelezi Dinsdag om die begrafnis by te woon.
7. Arbeid
– Cosatu ontken dat hul hoofsekretaris Zwelinzima Vavi ondersoek word.
– Die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika hou ʼn mediakonferensie waar hul beplande afleggings verdedig.
– Staking by Northam Platinum se Zondereinde myn duur voort.
– Sowat 2000 Nehawu lede staak by Netcare.
– SADTU se sloerstaking duur voort.
8. Misdaad en hofsaak
– Johan Kotze verhoor hervat. Saak kan die week eindig.
– Wouter Basson-saak begin weer.
– In Chanelle Henning-moordeverhoor beweer verdagte hy is aangerand in die tronk
– Marikana hervat Dinsdag sonder advokaat Dali Mpofu wat herstel van messteek.
9. Munisipaliteite
– Nersa beveel noem dat ʼn 7% styging moet dien as riglyn in styging van munisipaliteite se kragverhogings.
– AfriForum soek verslag waar 81% van persone aandui dat Pretoria se naam nie moet verander nie.
– Die ANC wil nie kommentaar lewer oor korrupsiebewerings in die Cederberg-munisipaliteit
– AfriForum dreig met dringende regstappe sodat die Madibeng-munisipaliteit inwoners se krag, wat onwettig afgesny is, herstel word.
10. Ekonomie
– VPI-data later die week kan skok. Dit is veral voedselpryse wat groot stygings toon.
– Op die JSE doen goudaandele baie sleg en dit trek die hele mark af.