Die sosialemedia-platform Twitter het Saterdag aangekondig hy gaan nuwe reëls instel om beledigende taalgebruik te beheer.
‘n Groep hoë profiel Britse vroue het onlangs aangevoer dat hulle onaangename en teisterende boodskappe of dreigemente op Twitter ontvang het.
Twitter sê hy gaan ‘n eenklik-knoppie installeer om misbruik van die diens aan te meld en sy reëls aanpas waarin hy verklaar dat hy “nie enige mishandelende gedrag sal duld nie”.
Die Britse media het die afgelope week talle berigte publiseer oor vrouehaatspraak en gruwelike verkragtingsdreigemente wat vroulike openbare figure, insluitend joernaliste, organiseerders van veldtogte en vroue in die regsberoep ontvang het.
“Ek vra persoonlik om verskoning vir die vroue wat mishandeling op Twitter ervaar het en vir dit waardeur hulle is,” het Tony Wang, algemene bestuurder van Twitter, Saterdag gesê.
Ma Tony praat mooi Afrikaans…
Dankie Twitter!!!! :-)
Hahaha lekker lag ek nou Frikkie, skerp hoor.