ʼn Pasgebore baba is die afgelope naweek in ʼn vullisdrom in Tableview, Kaapstad gevind, het polisie Dinsdag gesê.
Kaptein Frederick van Wyk het gesê die babaseuntjie is Saterdagoggend in Cherrywoodweg, Parklands, deur ʼn verbyganger ontdek. Hy is na die hospitaal geneem en was glo in ʼn goeie toestand. “Die baba is nou in veilige hande,” het Van Wyk gesê. Hy doen ʼn beroep op die publiek om die polisie te help om die baba se ouers op te spoor.