Pedofiel skuldig bevind

Johannes Kleinhans

Johannes Kleinhans (74) het Dinsdag in die Parow-streekhof verskyn.

Die voormalige sakeman is skuldig bevind op al 95 aanklagte wat verband hou met seksuele aanranding en die besit van kinderpornografie. Kleinhans het ook tussen 2006 en 2010 drie meisies seksueel aangerand en daarna pornografiese foto’s van hulle geneem.

Hy het vir twee van die meisies Christelike boeke gekoop nadat hy hulle afgeneem het.

Vonnisoplegging is tot 3 Desember uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.