‘n Plantvretende piranha en ‘n aap, wat soos ‘n kat spin, maak deel uit van minstens 441 plant- en diersoorte wat sedert 2010 in die Amasone ontdek is.
ANP berig dat die navorsers van die WWF 258 plantsoorte en 84 soorte visse, 58 amfibieë, 22 reptielsoorte, 18 voëlsoorte en een soogdier ontdek het. Insekte en ander ongewerweldes is nie in die lys opgeneem nie.