Die beweerde sataniese moord van Kirsty Theologo was glo nie behoorlik beplan nie, het die Johannesburgse hooggeregshof se sitting in Palm Ridge Donderdag gehoor.
Lees meerAlles vir Donderdag 24 Oktober 2013
Aktrise Sandra Ferreira oorlede
Die aktrise Sandra Ferreira is Donderdagoggend oorlede.
Bloem-man skiet glo sy vorige baas
Nico de Jager en Shaun Swanepoel is Donderdag in die Hamilton-nywerheidsgebied in Bloemfontein deur ʼn voormalige werknemer geskiet.
Bridget Oppenheimer sterf
Bridget Oppenheimer, die weduwee van mynmagnaat Harry Oppenheimer, is Woensdag in die ouderdom van 92 oorlede.
Twee verloor “onbeperkte ADSL”-saak
Ryan Roxo en Joshua Gilbert het ʼn regsgeding teen die internetdiensverskaffer, MWEB, verloor nadat hulle aangevoer het die maatskappy mislei kliënte met sy “onbeperkte ADSL”-aanbod.
Vermiste KZN-vrou veilig opgespoor
Nadia van Wyk, ʼn 20-jarige vrou wat slegs 1.1m lank is, is veilig opgespoor nadat sy in KwaZulu-Natal as vermis aangemeld is.
Doktorsgraad aan Noord-Koreaanse diktator
Die HELP-universiteit van Maleisië het pas ‘n doktorsgraad in die ekonomie aan Kim Jong-un, diktator van Noord-Korea toegeken.
Man sterf in Stellenbosch-vliegtuigongeluk
ʼn Vlieënier is dood toe sy ligte vliegtuig Donderdag naby Stellenbosch in die Wes-Kaap neergestort het.
Bloem-mans vas ná hulle glo tienerseuns martel
Twee seuns is na bewering vir 22 ure lank aangehou deur ʼn groep mans wat hulle van diefstal aangekla het. In dié tydperk is hulle glo erg gemartel en geforseer om met mekaar seks te hê.
Toilet-moord: Vyf vlugtig in hof
Die vyf mans wat daarvan verdink word dat hulle twee kleuters verkrag en vermoor het en hul liggame in ʼn toilethokkie in Diepsloot gelos het, het Donderdag vlugtig in die Pretoria-landdroshof verskyn.
Video: Pukke vervaardig biodiesel
Die Noordwes-universiteit se Potchefstroom-kampus is die eerste in die land met sy eie biobrandstofaanleg.
Foto: Brand by Kaapstad-hawe
Talle skure en bote het in die slag gebly toe ʼn brand Donderdagmiddag by ‘n bootklub in Kaapstad ontstaan het.
Bloeddiens mag nie weer wit mense uit posadvertensies sluit
Die arbeidshof in Braamfontein het vandag beveel dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANB) in die toekoms wit mense nie uit posadvertensies mag sluit nie.
Busbestuurder sterf op berugte pad buite PTA
ʼn Busbestuurder is dood en 35 mense beseer nadat ʼn swaarvoertuig ʼn bus op die berugte Moloto-pad buite Pretoria getref het.
Swart middelkasgroep groei drasties – studie
Die swart middelklasgroep het van 350 000 individue in 1993 tot byna drie miljoen verlede jaar gestyg, aldus ʼn studie deur die Universiteit van Stellenbosch.
Skryf Afrikaans van A tot Z
Dié handleiding vir Afrikaanse taal- en teksversorging.
Plantvretende piranha en spinnende aap ontdek
‘n Plantvretende piranha en ‘n aap, wat soos ‘n kat spin, maak deel uit van minstens 441 plant- en diersoorte wat sedert 2010 in die Amasone ontdek is.
Lugmagbaas pak swak dissipline
Die SA Lugmag (SALM) het Donderdag aangekondig dat hy strenger dissipline op alle lede gaan toepas.
Spinnekoppe gaan skool toe
‘n Britse skool, Dean Academy, moes Woensdag ontruim word toe die skool deur spinnekoppe oorgeneem is.
Beertjie gaan kuier
“Beertjie” is seker een van die wêreld se mees sjarmante kinderboekkarakters, en dié klassieke wêreldliteratuur is nou ná baie jare weer in Afrikaans beskikbaar.