ʼn Vrou wat 10 jaar gelede as tiener ontvoer is, is uiteindelik met haar familie herenig nadat sy haar suster op Facebook opgespoor het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "opgespoor"
Liggaam van vermiste kind gevind
Die liggaam van een van die drie kinders wat vroeër die week in Pretoria vermis geraak het, is Saterdag gevind.
Vermiste Midmar-swemmer se liggaam gevind
Die liggaam van Herman van Straten, wat tydens die Midmar-myl verdwyn het, is opgespoor, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
Vermiste JHB-mynwerkers dood aangetref
Agt van die nege vermiste mynwerkers by Harmony Gold se Doornkop-myn, wes van Johannesburg, is dood aangetref nadat hulle ná ʼn brand Dinsdagaand verdwyn het.
Vermiste man oorleef maand lank op skoenlapper-dieet
ʼn Man van Australië wat verdwyn het, het ʼn maand lank op ʼn dieet van skoenlappers, skulpvis en vrugte oorleef.
Vermiste 63-jarige vier dae later opgespoor
ʼn 63-jarige vrou wat op Oujaarsaand vermis geraak het, is Vrydag in ʼn kloof naby haar huis in Richmond, KwaZulu-Natal, opgespoor.
Vermiste Kaapstad-seuntjie ná 18 maande veilig opgespoor
‘n Vierjarige seuntjie van Kaapstad wat in Junie 2012 deur sy pa ontvoer is, is veilig in Evaton in Gauteng opgespoor.
Vermiste vrou 17 dae later dood aangetref in hospitaalskag
‘n Lykskouer het Vrydag gesê ‘n vrou, wat uit haar hospitaalkamer in San Francisco verdwyn het en toe 17 dae later in ‘n geslote trapskag opgespoor is, het moontlik aan ‘n chemiese wanbalans gesterf.
Vermiste egpaar en kinders oorleef ysige koue
ʼn Egpaar en vier kinders is veilig opgespoor nadat hulle vir bykans twee dae lank in Nevada, Amerika, vermis was. Die temperatuur was soms kouer as -26 grade Celsius.
PE-swemmer dood aangetref
Die liggaam van ‘n man, wat in Port Elizabeth as vermis aangemeld is, is Sondag opgespoor.
Vermiste KZN-vrou veilig opgespoor
Nadia van Wyk, ʼn 20-jarige vrou wat slegs 1.1m lank is, is veilig opgespoor nadat sy in KwaZulu-Natal as vermis aangemeld is.
Video: Vermiste “Doctor Who”-episodes opgespoor
Die BBC het aangedui dat hy nege episodes van die televisiereeks “Doctor Who” opgespoor het wat vroeër vermis was.
Vermiste Potch-tiener gevind
Charmaine Roselyn Hendriks, ʼn 16-jarige leerling aan Potchefstroom Hoër Meisieskool, wat sedert Maandag vermis was, is Donderdag opgespoor.
Kind ná ʼn jaar veilig opgespoor
ʼn Vrou van die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat sy glo ʼn jaar gelede ʼn babatjie in Gauteng ontvoer het. Die kind is ongedeerd.