Twee mans is in hegtenis geneem nadat ʼn vrou doodgeskiet is en drie kinders gewond is tydens ʼn bendeverwante-skietvoorval in Athlone in die Wes-Kaap.
Lees meerAlles vir Saterdag 15 Maart 2014
Nuwe Afrika-rekord vir sandkastele
ʼn Nuwe Afrika-rekord is Saterdag opgestel nadat duisende sandkastele op ʼn strand in Durban, KwaZulu-Natal gebou is.
Twee sit lewenslank vir moord
Twee mans is in die Madadeni-landdroshof in KwaZulu-Natal lewenslange tronkstraf opgelê vir moord.
Renate Barnard: ‘n Storie van struikelblokke, hoop en geloof
“Die wete dat die enigste struikelblok tussen jou en die volgende hoër rang jou velkleur is, is ’n ongelooflike magtelose gevoel. My werk is nie vir my net ’n bron van inkomste nie, maar werklik ’n roeping. Die gevoel wat ’n mens ervaar as jy waarlik ’n verskil in ander se lewens kan maak, kan nooit met geld gekoop word nie.” Só sê lt.kol. Renate Barnard.
Hof beveel dat Tlokwe-speaker se bates gevat word
Die hooggeregshof in Pretoria het magtiging gegee vir die beslaglegging op bates van Barei Segotso, speaker van die Tlokwe-munisipaliteit, berig Beeld.
Onnie kry borg na moord op vriendin
ʼn Onderwyser is op borgtog van R2 000 vrygelaat in die Bethlehem-landdroshof in die Vrystaat waar hy tereg staan op aanklagte dat hy sy vriendin Petri Breedt (26), ook ʼn onderwyser, vermoor het.
ANC-sakeman wil glo koerant vir R1 miljard dagvaar
Independent Newspapers wou nie Saterdagoggend kommentaar lewer oor berigte dat ʼn sakeman verbonde aan die ANC beplan om die Sunday Independent vir R1 miljard te dagvaar nie.
Liggaam van vermiste kind gevind
Die liggaam van een van die drie kinders wat vroeër die week in Pretoria vermis geraak het, is Saterdag gevind.
Foto’s: “Enigiets vir liefde”-video 4.6 miljoen keer gekyk; Gerdi kry goeie nuus
Die video wat wys hoe Gerdi McKenna van Pretoria se vriendinne hul hare afskeer om haar te ondersteun in haar stryd teen borskanker, is reeds meer as 4.6 miljoen keer regoor die wêreld gekyk. Dit is ʼn rekord vir Afrikaanse video’s op die internet.
Hof las dat Derby-Lewis na hospitaal oorgeplaas word
Die hooggeregshof in Pretoria het beveel dat Clive Derby-Lewis na ʼn hospitaal oorgeplaas word vir mediese behandeling nadat hy in die tronk aangeval is, berig die Saturday Star.
ANC soek antwoorde oor gewapende man in foto
Die ANC in Gauteng sê hy probeer tans die identiteit vasstel van ʼn gewapende man wat ANC-klere aan het op ʼn foto wat geneem is tydens die onluste in Bekkersdal.
Maleisië sê vermiste vliegtuig is gekaap
Maleisië se ondersoek na die vermiste vlug MH370 het bevind dat een of meer mense met vliegondervinding die vliegtuig se kommunikasie-toestelle afgeskakel het en die vliegtuig doelbewus van koers af gestuur het.
Fonds gestig om wildtuin se renosters te beskerm
SANParke het aangekondig dat ʼn fonds van R255 miljoen op die been gebring is vir die stryd teen renosterstropery in die Krugerwildtuin.
Polisiebeampte doodgeskiet in KZN
ʼn Polisiebeampte is doodgeskiet en ʼn man is gewond tydens ʼn skietery in Umgeni Park-Noord in Durban, KwaZulu-Natal.
Pompstasie vir dreinering van suur mynwater opgerig
ʼn Pompstasie is in Germiston aan die Oos-Rand opgerig vir die dreinering van suur mynwater.
Polisiebeampte in hof vir korrupsie
ʼn Senior polisiebeampte het in die Johannesburgse landdroshof verskyn nadat hy glo geld van ʼn sakeman geëis het.
Gedagte vir die dag: Jesus vergewe jou sonde
Psalm 103:12- So ver as wat die verste punte van die heelal van mekaar af is, so ver, en nog verder, vat Hy ons sondes…