Twee rolprente, wat geïnspireer is deur die vermiste Vlug MH370 van Malaysia Airlines, word aan kopers by die Cannes-rolprentfees voorgehou, skaars twee maande nadat dié vliegtuig met 239 mense aan boord verdwyn het. Lokprente vir al twee rolprente volg onderaan die berig.
Lees meerAlles vir Donderdag 22 Mei 2014
Video: Kameraman so byna ʼn hedendaagse Jona
Rainer Schimpf het ʼn noue ontkoming gehad toe ʼn walvis hom so amper aan die kus van Port Elizabeth in die Oos-Kaap ingesluk het.
Video: Amateur porno-ster pleeg selfmoord oor teistering
Alyssa Funke, ʼn 19-jarige student van Minnesota in Amerika het selfmoord gepleeg nadat sy oor ʼn amateur pornografie-video op sosiale media geboelie is.
Mosselbaai-polisieman skiet vrou, homself
ʼn 33-jarige polisiebeampte het Donderdag in Kwanonqaba naby Mosselbaai eers sy vrou geskiet voordat hy homself geskiet het.
Solidariteit eis verduideliking van DKD oor nie-nakoming van hofbevel
Die vakbond Solidariteit het die departement van korrektiewe dienste daarvan beskuldig dat hy voortgaan om aanstellings te maak deur net van die nasionale rassedemografie gebruik te maak ondanks ‘n hofuitspraak en hofbevel wat dit verbied.
Video: Helpende Hand gee kos, doeke in Rustenburg
Solidariteit Helpende Hand het doeke, formule en ander noodsaaklike bababenodighede oorhandig aan ma’s met jong babas wat deel is van niestakende gesinne in Rustenburg.
Resep: Biltongpotjie
Heerlike en maklike biltongpotjieresep.
Bedrogsaak teen nuwe ANC-LP
Die Valke het Donderdag bevestig dat ʼn saak van bedrog teen die nuut verkose ANC-LP Patrick Mabilo ondersoek word.
Bronne sê Pierre Korkie leef
Die Gift of the Givers-organisasie het Donderdag gesê bronne in Jemen het bevestig dat Pierre Korkie, die onderwyser van Bloemfontein wat deur militante as gyselaar aangehou word, steeds lewend is.
Baba L: Saak gaan hooggeregshof toe
Die saak van ‘n 20-jarige vrou en ʼn 33-jarige man wat daarvan verdink word dat hulle haar tweejarige dogtertjie mishandel het, het Woensdag weer in die Pretoria-Noord-landdroshof voorgekom.
Ontvoerde tiener 10 jaar later opgespoor danksy Facebook
ʼn Vrou wat 10 jaar gelede as tiener ontvoer is, is uiteindelik met haar familie herenig nadat sy haar suster op Facebook opgespoor het.
Derby-Lewis: Nóg betogings beplan ná DKD glo eise ignoreer
Front Nasionaal (FN) gaan ʼn derde protesaksie hou nadat eise, wat aan die departement van korrektiewe dienste (DRK) oor Clive Derby-Lewis (78) se vrylating op mediese parool gemaak is, glo onbeantwoord gebly het.
Video: Skade van R200 000 toe hulle hom instamp
ʼn Kameraman van Kroasië se toerusting ter waarde van meer as $18 000 (ongeveer R187 000) is vernietig toe hoërskoolleerlinge hom in ʼn yskoue fontein gestamp het.
Man sterf in trekkerongeluk
ʼn Man is Donderdagoggend dood nadat ʼn trekker in Wartburg naby New Hanover in KwaZulu-Natal omgeslaan en op hom beland het.
Kinderporno: Beskuldigde ‘te oud’ vir tronk
Die veroordeelde pedofiel, Johannes Kleinhans (75), se tronkstraf is aansienlik verminder weens sy ouderdom, berig Times Live.
Onnie in sop weens porno
ʼn Johannesburgse lewensoriëntering-onderwyser is in die sop nadat hy glo per ongeluk pornografie op ʼn skerm in ʼn klaskamer vertoon het.
KZN-vrou tydens kaping doodgeskiet
ʼn 51-jarige vrou is Woensdagaand in die oprit van ʼn meenthuiskompleks in Bellevue, Pietermaritzburg, tydens ʼn kaping doodgeskiet.
Uitdrukking: ‘n Bloukous wees
Waarom sou mens ‘n werkende vrou ‘n “bloukous” kon noem? Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind!
Familie rou ná tiener in motorfietsongeluk sterf
Brendon John, ʼn 18-jarige matriekleerling aan Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein, se familie is in rou nadat hy Woensdagmiddag in ʼn motorfietsongeluk dood is.
Man vasgekeer na voertuig boom tref
‘n Man het kritieke beserings opgedoen en paramedici het sowat twee ure gespook om hom uit die wrak te bevry nadat hy met ‘n afleweringsvoertuig teen ‘n boom gebots het in Kaapstad.