ʼn Man van Australië wat verdwyn het, het ʼn maand lank op ʼn dieet van skoenlappers, skulpvis en vrugte oorleef.
Lees meerAlles vir Donderdag 30 Januarie 2014
Justin Bieber van aanranding beskuldig
Die tienersensasie Justin Bieber (19) is Woensdag in Toronto, Kanada, amptelik van die aanranding van ʼn limousine-bestuurder aangekla.
3 vroue sterf glo tydens selfmoord-verdrag
Drie vroue wie se liggame by ʼn meer in Duitsland aangetref is, het moontlik ʼn selfmoord-verdrag aangegaan.
Barkly-Oos-plaasmoord: Klagtes laat vaar
Aanklagte teen een van drie persone wat van die moord op Sarel Pretorius van die plaas Rooipoort in die Oos-Kaap beskuldig word, is laat vaar.
Hector Pieterson se sussie nou DA-lid
Hector Pieterson se suster, Lulu Pieterson, het by die Demokratiese Alliansie aangesluit, het die party Donderdag gesê.
Ramphele en Agang vergader in JHB
Mamphela Ramphele en beamptes van Agang SA het Donderdag in Johannesburg “privaat vergader”.
Massa-betoging by TUT beplan
ʼn Massa-betoging word Maandag in Pretoria by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) beplan.
Miljoene kinders ongeletterd – VN
Sowat 250 miljoen van die 650 miljoen kinders wat oud genoeg is om grondslag-onderrig te ontvang, is ongeletterd, luidens ‘n verslag van die VN.
Schumi word wakker gemaak
Michael Schumacher se dokters het die proses begin om hom uit ʼn mediese koma wakker te maak, het sy bestuurder Donderdag gesê.
Nzimande versoek vreedsame studente-betogings
Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, het ʼn beroep gedoen op universiteitstudente om nie enige eiendom te beskadig, of enige lesings te ontwrig wanneer hulle betoog nie.
“Hy wou net Malema ontmoet”
ʼn Weduwee van Limpopo, wie se man in Relela naby Tzaneen glo deur ʼn polisiebeampte doodgeskiet is, het Donderdag gesê haar man wou net vir Julius Malema, die leier van die Ekonomiese Vryheidvegters (EFF), ontmoet.
OVK gereed vir verkiesing
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) is reg en gereed vir die opkomende algemene verkiesing, het Pansy Tlakula, die OVK se voorsitter, Donderdag gesê.
TAG hof toe oor “onwettige” e-tol
Die Tolhek-aksiegroep (TAG) is vasbeslote om voort te gaan met die hofsaak om die Wet op Vervoerwette en Verwante Aangeleenthede (ook bekend as die E-Tolwet) ongrondwetlik te verklaar.
CUM sê jammer; sit oom Solly-boeke terug op rakke
Ds. Solly Ozrovech se boeke is terug op CUM se rakke, en dié maatskappy het om verskoning gevra dat hulle dit tydelik verwyder het.
Solidariteit pak DKD weer in hof
Die vakbond Solidariteit pak die departement van korrektiewe dienste Vrydag weer in die arbeidshof in Kaapstad oor die DKD se verontagsaming van die hof se vroeëre uitspraak dat nie net die nasionale rassedemografie in ag geneem kan word by die toepassing van regstellende aksie nie.
Sanral sê verdagte werk nie vir hulle nie
Sanral het Donderdag daarop aangedring dat ʼn man, wat in verband met dreigemente teen die maatskappy in hegtenis geneem is, tegnies nie een van hul werknemers is nie.
Interdik teen goud-staking
Die arbeidshof het Donderdag beslis dat Amcu-lede nie met die staking kan voortgaan soos beplan nie.
PTA-man beroof restaurant glo met speelgoedgeweer
ʼn Man van Pretoria is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn kitskosrestaurant met ʼn speelgoedgeweer beroof en toe op ʼn fiets weggejaag het, het die polisie in Gauteng Donderdag gesê.
Skeptisisme oor Bloemfontein se water
Die watertoevoer na dele van Bloemfontein wat ses dae lank sonder water was, is teen Woensdagmiddag herstel.
Ligte vliegtuig vermis naby Alexandria
ʼn Soektog het Donderdagoggend hervat nadat ʼn eensitplekvliegtuig Woensdag in die Alexandria-omgewing in die Oos-Kaap vermis geraak het, berig AlgoaFM.