‘n Brand wat Vrydagaand by die Johannesburg-dieretuin uitgebreek het, het ‘n restaurant beskadig, het die Johannesburg City Parks and Zoo (JCPZ) gesê.
Lees meerAlles vir Saterdag 14 Desember 2013
Vermiste vrou 17 dae later dood aangetref in hospitaalskag
‘n Lykskouer het Vrydag gesê ‘n vrou, wat uit haar hospitaalkamer in San Francisco verdwyn het en toe 17 dae later in ‘n geslote trapskag opgespoor is, het moontlik aan ‘n chemiese wanbalans gesterf.
Nóg ‘n skoolskietery in Amerika
Een tiener is gewond en een het ligte beserings opgedoen nadat ‘n medeskolier Vrydag by Arapahoe High School in Denver in Colorado, Amerika, met ‘n haelgeweer op hulle losgebrand het en toe selfmoord gepleeg het.
Sanger skiet drie, pleeg selfmoord
‘n Man het Saterdag twee mense in Potchefstroom doodgeskiet en sy eksvrou beseer voordat hy selfmoord gepleeg het.
Pa en seun verdrink by Pringlebaai
‘n Pa en sy seun het Saterdag by Pringlebaai in die Wes-Kaap verdrink, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Prins Charles gaan begrafnis bywoon
Prins Charles van Engeland sal Sondagoggend oud-president Nelson Mandela se begrafnis in Qunu bywoon, het die Britse Hoë Kommissie Saterdag gesê.
Mandela se liggaam in Qunu
Die militêre stoet met voormalige president Nelson Mandela se liggaam het Saterdag ongeveer 16:00 in Qunu in die Oos-Kaap aangekom.
Chanelle Henning-saak: “Nico is nie ‘n vlugrisiko nie”
Nico Henning se prokureur het Vrydag in die aansoek om borgtog gesê sy kliënt is nie ‘n vlugrisiko nie.
Pick n Pay gaan wins skenk; talle winkels sluit vir begrafnis
Pick n Pay sal Sondag se wins uit sy verkope aan liefdadigheidsorganisasies skenk ter ere van voormalige pres. Nelson Mandela.
Duisende besoek Uniegebou om Mandela te groet
Meer as 84 000 mense het hulde gebring aan oud-president Nelson Mandela tydens die drie dae wat sy liggaam in staatsie gelê het by die Uniegebou in Pretoria.
Shrien Dewani: Uitspraak voorbehou
Die regters in Shrien Dewani se hofsaak, of hy aan Suid-Afrika uitgelewer gaan word, het hul uitspraak tot volgende jaar voorbehou
Seuntjie verdrink in KZN
ʼn 10-jarige seuntjie het Vrydag in Gamalake naby Margate in KwaZulu-Natal verdrink.
Mandela-kis word by Waterkloof-LMB oorhandig
Oud-president Nelson Mandela se kis het Saterdagoggend by Waterkloof-lugmagbasis aangekom om na Qunu in die Oos-Kaap vervoer te word.
Gedagte vir die dag: God se geskenk vir jou
Psalm 16:5, 6 – Alles wat die Here vir my doen, maak my vol vreugde. Hy is die grootste geskenk wat ek nog ooit gekry het….