Pornokanale sal aparte pakket wees

TopTV se drie nuwe pornokanale sal as ʼn afsonderlike pakket aan intekenare beskikbaar wees en verskeie ander veiligheidsmaatsreëls sal van krag wees.

TopTV sê die pornografiese programme sal slegs in waterskeidingstydgleuf tussen 20:00 en 05:00 uitgesaai word en dat verskeie veiligheidsmaatreëls, waaronder ʼn PIN-kode en ouderdomsbevestiging van krag sal wees. Dit kom nadat die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) aan TopTV regte toegestaan het om pornografie uit te saai. TopTV het die beslissing as ʼn “oorwinning vir demokrasie en vryheid van spraak” bestempel. Die drie pornokanale is Playboy TV, Desire TV en Private Spice.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.