Prins Charles van Engeland sal Sondagoggend oud-president Nelson Mandela se begrafnis in Qunu bywoon, het die Britse Hoë Kommissie Saterdag gesê.
“Sy koninklike hoogheid die prins van Wallis sal Sondagoggend in Qunu aankom om die begrafnis by te woon,” het die Britse Hoë Kommissie in ‘n verklaring gesê. Die prins sal direk ná die begrafnis weer terugkeer na Engeland en sal nie mediaonderhoude toestaan nie.
Die Britse Hoë Kommissaris, Judith Macgregor, sal die prins vergesel.
Mandela se liggaam het Saterdag omstreeks 16:00 in Qunu aangekom.