Die Rand het Donderdagoggend met 1.3% teenoor die Amerikaanse dollar verswak en is nou op sy laagste vlak in vier jaar. Die rand het Donderdagoggend in ’n stadium teen R9,3845 per dollar verhandel.
RSG berig die daling word onder andere toegeskryf aan die arbeidsonrus in die mynbousektor en nadat ‘n vakbondleier gesê het dat werkers by Anglo American Platinum gaan staak oor voorgestelde afleggings.