Die Wes-Kaapse hooggeregshof gaan na verwagting Maandag beslis oor die borgtogaansoek van die veroordeelde moordenaar Thandi Maqubela wat haar man, waarnemende regter Patrick Maqubela in 2009 in sy huis in Seepunt, Kaapstad, vermoor het.
Sy is in November skuldig bevind aan die moord en op die aanklag dat sy haar man se testament vervals en bedrog gepleeg het, aangesien sy die boedel moontlik benadeel het.
Maqubela se borgtog van R100 000 is teruggetrek nadat sy skuldig bevind is. Haar vonnisoplegging sal in Februarie begin.
Lees ook:
Uitspraak ná regter se moord
Regter se moordverdagte-vrou val flou in hof
Regter se weduwee het glo gejok oor sy dood
Geld dalk motief vir regter se dood
Uitstel gevra oor beweerde testament-vervalsing