Renosterstropery steeds aan die toeneem

Foto: www.rhinoconservation.org

Die Suid-Afrikaanse ­Nasionale Parke-owerheid (SANparke) het Dinsdag aangekondig dat 405 renosters reeds vanjaar vir hulle horings doodgemaak is.

SANparke sê in ʼn verklaring dat dit ʼn 21,6 persent styging is in vergelyking met verlede jaar se 333 renosters wat gestroop is. Van 2009 tot 2010 het renosterstropery met 173 persent toegeneem terwyl dit van 2008 tot 2009 met 47 persent toegeneem het. Die meeste gevalle van renosterstropery het in die Kruger Nasionale Wildtuin, Limpopo en KwaZulu-Natal plaasgevind. Die aantal inhegtenisnemings in verband met renosterstropery het egter ook met 27,3 persent toegeneem tot 210 verdagtes, in vergelyking met 2010 se 165 verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.