Die Duitse owerhede het op sowat 1 500 kunswerke in die huis van Cornelius Gurlitt (80) afgekom nadat dit deursoek is.
Werke van bekende kunstenaars soos Pablo Picasso, Henri Matisse, Marc Chagall, Emil Nolde, Franz Marc, Max Beckmann en Max Liebermann is gevind.
Gurlitt is die seun van ‘n bekende kunshandelaar, Hildebrand Gurlitt, wat deur die Nazi’s gebruik is om “sedeverderflike” gekonfiskeerde kunswerke in die buiteland vir die Nazi’s se rekening te verkoop. Die Nazi’s het baie destydse moderne kuns as deel van sedelike verval beskou.
Dit blyk dat Gurlitt ‘n groot hoeveelheid van die kunswerke vir homself moes gehou het, wat na sy dood in 1956 deur die seun oorgeneem is. Die seun het periodiek van die kunswerke verkwansel om aan die lewe te bly, en is juis betrap toe hy ‘n verdagte pak geld by hom gehad het.
Die vonds is reeds twee jaar gelede gemaak, maar is tot nou toe geheim gehou terwyl ‘n kunshistorikus die waarde van die kunswerke beoordeel. Na raming is dit sowat R15 miljard werd.
Die owerhede oorweeg om die man vir belastingontduiking te vervolg.
Fantastiese nuus, die Nazi kunsdiefstalle pla my al jare. Nog ‘n nazi-verkragting wat openbaar gemaak is. Wonderlik dat die wereld weer toegang het tot die groep ongelooflike kunstenaars.