ʼn 10-jarige seun het Woensdag in ʼn munisipale swembad in Ficksburg verdrink.
“Lewensredders het reeds met KPR begin voordat paramedici by die toneel opgedaag het,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Paramedici het nog ʼn halfuur lank tevergeefs gespook om die seun by te bring.” Die seun is op die toneel dood verklaar.
Die seun het glo saam met ander kinders in die swembad geswem toe een kind later iets op die bodem van die swembad opgemerk het. Lewensredders is in kennis gestel en hulle het die seun uit die water gehaal.
Plaaslike owerhede ondersoek die voorval.