
Die DA-Lp adv. Glynnis Breytenbach is een van die 12 kandidate op die kortlys. Foto: Jonisayi Maromo/ANA
Die raadgewende paneel wat pres. Cyril Ramaphosa aangestel het om geskikte kandidate te identifiseer vir die amp van nasionale direkteur van die direktoraat van openbare vervolging (DOV) het ʼn kortlys van 12 kandidate saamgestel met wie onderhoude volgende week gevoer sal word.
Jeff Radebe, minister van energie, is die voorsitter van dié paneel van verteenwoordigers uit die regswese en met die mandaat om potensiële kandidate uit te wys, te bepaal of hulle aan die nodige vereistes voldoen, onderhoude met hulle te voer en minstens drie van dié kandidate by die president aan te beveel.
Nadat die paneel aansoeke gevra en benoemings ontvang het, was daar 22 aansoeke en 24 benoemings teen die einde van die werkdag op 2 November, verlede Vrydag.
Die paneel het Donderdagaand byeengekom om die kortlys saam te stel van kandidate uit dié aansoeke en benoemings.
Die kortlys bestaan uit (in alfabetiese volgorde):
- Adv. S. Batohi
- Adv. G. Breytenbach
- Adv. K.M. Chauke
- Adv. J.R. de Kock
- Adv. A. Johnson
- Adv. M. Luphondo
- Adv. M. Makhari
- Adv. N. Manaka
- S.X. Mapoma
- Adv. C.S. Mlotshwa
- Adv. D.M. Noko
- Adv. M.S. Ramaite
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
21 Kommentare
Nr 2 op lys sal goeie keuse wees.
Wat maak haar n beter kandidaat as enige ander een op die lys?
Ek vertrou dat die opposisie die kortlys sal deurgaan vir vrot appels. As daar nie ‘n goeie keuse gemaak word nou nie, is almal aandadig!
No 2 is tops maar baie bleek. Die ander dink ek het maar n geraamte iewers in die kas.
en net gister het die “raadgewende paneel” dit onten dat daar so ‘n lys bestaan, alles met anc is:,
waar daar ‘n rokie is, is daar nie ‘n vuurtjie nie, maar ‘n helse vuur