16 472 boewe vry weens Cyril se kwytskeldingsprogram

Argieffoto (Foto: Shutterstock)

Enkele ure ná Jacob Zuma weer tronk toe gestuur is om die res van sy vonnis uit te dien vir minagting van die hof, is hy vrygelaat kragtens pres. Cyril Ramaphosa se spesiale kwytskeldingsproses, saam met 16 472 ander gevangenes.

“Onder die voorwendsel om oorbevolking in tronke te verminder, is die proses uitsluitlik gebruik as ʼn politieke guns om Zuma te bevry. Dit het beteken dat gevangenes, sonder integrasie of rehabilitasie, ook op die strate vrygelaat is,” sê Janho Engelbrecht, die DA se skaduminister oor korrektiewe dienste.

Die spesiale kwytskeldingsproses is in Augustus 2023 aangekondig en het op 2 November 2023 tot ʼn einde gekom.

“Teen 26 Oktober 2023 het 97 gevangenes reeds weer oortree. In ʼn geskrewe reaksie op vrae van die DA, het die minister die skokkende realiteit van die ANC-regering se misbruik van mag onthul.”

Van die 97 gevangenes wat weer in hegtenis geneem is ná hul vrylating, was daar:

  • 20 kriminele wat in hegtenis geneem is vir gewelddadige misdaad; insluitend roof, roof met verswarende omstandighede; gesinsgeweld; en aanranding met die doel om ernstig te beseer.
  • 41 van die misdadigers wat vrygelaat is, het binne 20 dae ná vrylating weer ʼn misdaad gepleeg.
  • 1 krimineel het drie oortredings van huisbraak en sewe oortredings van diefstal binne een dag gepleeg.
  • 69 kriminele het diefstal gepleeg en 37 oortredings van huisbrake is aangeteken.
  • 1 krimineel is in hegtenis geneem vir diefstal en dat hy ʼn onwettige immigrant is. Dit is onbekend hoe ʼn gevangene sonder behoorlike dokumentasie of die ingryping van binnelandse sake vrygelaat is.
  • Altesaam 139 kriminele dade wat tot inhegtenisneming gelei het, is aangeteken.

“Alhoewel hierdie syfers net dié is wat tot dusver weer in hegtenis geneem is, is daar kommer oor hoeveel presies van die 16 472 kriminele wat vrygelaat is, weer oortree het sonder gevolge,” sê Engelbrecht.

Die inligting wat die minister verskaf het oor die 97 gevangenes, strek net tot 26 Oktober 2023. “Suid-Afrika het geen idee wat die eintlike syfer nou in 2024 is nie. Dit is egter duidelik dat die ANC-regering ʼn staatsprogram gebruik het bloot om Jacob Zuma uit die tronk vry te laat sonder enige sorge oor die gevolge daarvan.”

Engelbrecht sê duisende kriminele is vrygelaat sonder behoorlike rehabilitasie, integrasie of ondersteuning. Indien dit verskaf word, kon dit moontlik dié gevangenes van die strate af gehou het en weg van misdaad af.

“Die ANC het die lewens van meer as 60 miljoen Suid-Afrikaners in gevaar gestel, bloot om hul eie te beskerm, net soos wat die ANC al die afgelope 30 jaar gedoen het. Die magsmisbruik van die ANC moet tot ʼn einde kom. Suid-Afrikaners het in 2024 die geleentheid om die ANC uit die stoel te lig om seker te maak dat irrasionele besluite soos dié nie voortduur nie. Die DA versoek alle burgers om seker te maak dat hulle korrek geregistreer is om te stem by check.da.org.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Meinung ·

Hierdie gewoontemisdadigers is waarskynlik geneties geprogrammeer on so te wees. Salf te smeer aan hulle? Onmoontlik.

Janee ·

En van die amper 17 000 prisoniers wat vrygelaat gaan word sal daar binne n week 3x die getal verkragtings alleen plaasvind…..

electricmango ·

Kommunisme in sy volle glorie. Die land brand, vrouens word verkrag en vermoor, ou mense word beroof en vermoor, anargie is oral. Daar broeie baie haat in die belasting betalers se gemoed. Tyd vir volskaalse burger oorlog is om die draai.

Joan ·

Wat ‘n sirkus is die ANC-regering net nie?!?! Net jammer niemand lag vir sy goor grappe nie.

Joan ·

Wat ‘n sirkus is die ANC-regering net nie?!?! Net jammer niemand lag vir sy goor grappe nie. Die enigste rede is om hulle stemreg te gee, want sulke is die soort van vir hierdie regering sal sem.

Bolandse Nooi ·

Dis bewys maar weer net een ding: korrektiewe inperking IS NIE DIE OPLOSSING vir herhaalde misdadigers nie. Net soos wat die doodstraf nie ‘n afskrikmiddel is vir geweldadige misdadigers, soos moordenaars en verkragters nie. Hoewel die tronklewe vir seker nie “vyfster hotel verblyf” is nie, is dit vir sommige herhaalde oortreders “tweede huis”, want jy kry kos, ‘n dak oor die kop, slaapplek, klere, mediese sorg en selfs die kans om te werk en te studeer (as jy wil) daar. Eers wanneer tronke werklik TRONKE raak, waar mense 23 uit 24 uur “solitaire” opgesluit word, net met die nodigste om te oorleef, en waar daar geen voorregte is nie en wanneer daar weer “hardepad” gestap word met fisiese handearbeid, sal tronke ‘n afskrikmiddel raak. Ek neig om te sê dat sommige “petty” misdadigers groter misdadigers UIT die tronk kom, as wat hulle was toe hulle daar ingegaan het.

Jakes ·

Vermenigvuldig die 16472 vrygelate gevangenis met 10 miljoen dan sal dit jou n idee gee van hoeveel nog buite rondloop sonder dat hulle gevonnis is of gevang is.

Papsak ·

Ja Ramaphosa jy laat al jou boewe en skelms nou uitkom om beter hulle dade te gaan doen jy gaan swaar boet oor al jou dade regtig jy wil nou wakker skrik om verkiesing te wen maar ek dink jy bietjies te laat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.