220 ha brand af op Tafelberg

Rook trek uit Tafelberg. (Foto: X)

Sowat 220 ha veld van die Tafelberg Nasionale Park het afgebrand nadat daar Saterdag ’n brand by die Skeleton-ravyn op Tafelberg uitgebreek het. Die brand is deur weerlig veroorsaak.

JP Louw, woordvoerder by SANParke, sê opvlammings agter Nuweland en Kirstenbosch is oornag aangemeld. Teen Woensdagoggend kon ’n ligte reënbui die brand by Agtertafel beperk.

Geïsoleerde brandpunte, bome wat plek-plek omval en rotsstortings bly steeds ’n bekommernis, sê Louw.

Alle staproetes tussen Constantia-nek en Nuweland, Maclear-baken, Agtertafel en Platteklip-ravyn, asook die roetes wat na Agtertafel tussen Kampsbaai, Houtbaai en Oranjekloof lei, bly in dié stadium gesluit.

Louw sê inwoners, stappers en brandbestryders se veiligheid geniet tans voorkeur. Lede van die publiek word dus aangemoedig om nie toegang tot hierdie gebiede te verkry nie.

Dit brand op Tafelberg. (Foto: X)

Altesaam 60 brandbestryders van NCC Environmental Services, Volunteer Wildfire Services (VWS) en Working on Fire is tans by verskeie gebiede langs die brandlyn ontplooi om die vlamme te monitor.

SANParke het lede van die publiek en verskeie organisasies bedank wat drankies, warm etes en energiestafies vir brandbestryders verskaf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.