3 dood, 10 beseer toe taxi boom tref

(Argieffoto: ER24)

Drie mense is dood en tien beseer toe ’n minibustaxi Woensdagmiddag in Westonaria in Gauteng teen ’n boom gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici is gister omstreeks 16:00 na die toneel in Jan Blignautweg ontbied waar drie mense dood verklaar is.

Tien ander mense, van wie vier met kritieke beserings, is op die toneel behandel voordat drie van die kritiek beseerdes per lugambulans na ’n hospitaal vervoer is.

Die res van die pasiënte is per ambulans vir verdere mediese behandeling na hospitale geneem.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tsek! ·

Want hulle volg hulle eie stel reels! Hulle veroorsaak mense se dood en die Taxi Assosiasies moet voor stok gebring word – iemand moet boet hiervoor. 3 mense dood – snert!! Dit was waarskynlik drie mense wat gesorg het vir hulle families wat nou nie meer kan nie! Waars die taxibestuurder – het seker weggehol soos hulle gewoonlik doen?

My siening ·

Weer die taxies, leer die mense wat daar in ry dis self moord, die mense moet bietjie teen taxies betoog en gee hulle hul eie medisyne!

Peetjie ·

Voor die hand liggend…’n TAXI is die oorsaak… Hulle ry waar en wanneer en hoe hulle wil… Geen reels geld vir hulle nie

Johann ·

Is vandag in Burgersford vir besigheid, wat n gemors almal en veral die Taxi’s ry nes hul wil. Verkeersbeamtes werk by die robots want die ligte is uit en hul almal sal op die linker lyn verby hul ry, asof hier geen wet en orde is nie. Gelukkig is ek net hier een keer elke twee maande want ek sal n beroerte kry…

Cecilia ·

Taxis moet herdoop word na DOODSKIS OP WIELE! Hulle jaag soos d duiwel met musiek wat so bler jy kan hom myle ver hoor. D bestuurders het 99% nie n wettig bekomde PDP Lisensie nie. Onpadvaardige bussies en bestuurders sonder enige integriteit vir enige persoon se veiligheid.
Dis d som v n Taxi. Verkeersowerhede moet baie strenger optree en hulle bussies skut en lisensies skrap.
Alle taxi bestuurders moet jaarliks heraansoek en oor getoets word vir hulle PDP.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.