Die staat het Maandag in die hooggeregshof, wat in Palm Ridge sit, aangevoer dat Dawie de Villiers (35) tussen 2011 en 2013 verskeie misdade gepleeg het, waaronder verkragting, die blootstelling van kinders aan pornografie, crimen injuria en bedrog. Die lys van getuies sluit sy beweerde slagoffers sowel as kenners en ondersoekers in.
De Villiers staan tereg op 38 aanklagte. Staatsaanklaer Arveena Persad het tydens die verrigtinge ʼn aansoek ingedien vir De Villiers se beweerde slagoffers om in camera te getuig. Regter Cassim Moosa het die aansoek toegestaan. Slegs een van die aanklagte van seksuele aanranding sal in die ope hof aangehoor word. Die aanklag hou verband met ʼn beweerde voorval tussen 2006 en 2007 in Alberton toe hy glo ʼn volwasse vrou seksueel aangerand het.
Die saak is tot Woensdag uitgestel om die hof kans te gee om ʼn Afrikaanse tolk te vind.
Die aanklagte teen hom lees amper soos die duiwel se CV.
Ek wonder net, hoe kan mens so persoon se regsverteenwoordiger wees as dit wit op swart wys hy is skuldig. Hoe de hoenders kan mens met n skoon gewete en hart langs hom staan en jy moet maak asof hy niks verkeerd gedoen het nie. Daar is seker baie sulke sake, maar dis asof die een dit net vir my so laat uitstaan. Kan geld so belangrik wees dat mens inwillig om so persoon te verdedig al weet jy in jou hart hy is skuldig.
Duidelik het die De Villiers vent ook net sy beroep gekies om naby aan kinders te wees, ek twyfel of hy ooit goed is daarin. Sterkte aan al sy slagoffers tydens die saak.
Snel, geld is vir mense wat alreeds baie daarvan het hulle God. En in die kringe waarin hulle beweeg moet hulle aanhoudend beter en blinker wees. Dit kos baie geld.En elkeen het die reg om verdedig te word, hoe sleg dit ookal lyk.