Ons prys God se grootheid. Deur sy Seun wat Hy liefhet, het Hy genade aan ons gegee. (Efesiërs 1:6)
Lees meerAlles vir Dinsdag 6 Oktober 2015
Facebook-haakplek lei tot troue
“Daar is aaklige dinge in die wêreld, maar somtyds is daar mooi ook.”
[Foto’s] Polisie soek dié vier vroue wat huise roof
Die polisie is op soek na vier vroue in verband met talle voorvalle van diefstal en huisroof in die Pretoriase Moot, Villieria en Brooklyn.
Kohler-Barnard-sage: ‘Bewys van wit heerskappy’
Die DA se reaksie op Dianne Kohler-Barnard wat ʼn omstrede inskrywing oor PW Botha op sosiale media gedeel het, is bewys daarvan dat die party wit heerskappy handhaaf, het die ANC in die Wes-Kaap gesê.
Pa, twee kinders sterf in botsing
ʼn Pa en sy twee jong kinders is dood, terwyl sy vrou per helikopter na ʼn hospitaal vervoer moes word, nadat die gesin in ʼn ernstige botsing betrokke was.
Pistorius-familie: ‘Oscar word nie soos ander gevangenes behandel’
Oscar Pistorius se familie het uitgevaar oor die verdere vertraging van sy moontlike vrylating onder korrektiewe toesig.
Valskerm-ongeluk: ‘Die pyn is ondraaglik’
Die familie van die Bloemfonteinse vrou wat Saterdag haar been tydens ʼn valskermsprong gebreek het, het Dinsdag gesê sy is sedertdien in onbeskryflike pyn terwyl sy steeds wag om geopereer te word.
Aardklop: Amanda Strydom op haar beste
Met bekende liedjies soos “Vrou by die spieël”, “My kamer” en “Slippers van satyn” sal lojale aanhangers nie teleurgestel wees nie, maar mense wat glad nie haar werk ken nie moet veral hierdie vertoning bywoon, want hierdie is Amanda Strydom op haar beste.
ToekomsVenster: Vreugde ʼn kenmerk van gelowiges
Vreugde is een van die onderskeidende kenmerke van gelowiges. Paulus maan ons om altyd bly te wees in die bekende Fil. 4:4.
Man spoedig aangekeer ná moord op Oos-Kaapse plaas
Die Oos-Kaapse polisie het in ʼn japtrap ʼn verdagte aangekeer nadat Belinda Olivier (39) se liggaam met verskeie steekwonde Maandag in haar huis op ʼn plaas in die provinsie gevind is.
SA trompetspeler wen oorsese studiebeurs
Marcelle Adams (20) ʼn trompetspeler van Delft in Kaapstad, het pas ʼn studiebeurs losgespeel om verder aan die Universiteit van Suid-Kalifornië te gaan studeer.
Boetebessie vas vir ontvoering
Die Limpopo-polisie is op soek na ʼn 17-jarige meisie nadat sy en haar maand-oue babatjie glo deur ʼn 43-jarige vrou, wat ʼn verkeersbeampte is, ontvoer is.
Sweeftuig-ongeluk: ‘Jy wil nie glo dis waar nie’
“Dit is die verskriklikste oomblik as iemand jou bel om te sê iemand is dood. Jy wil dit amper nie glo nie. Selfs toe ek Sondagaand in die bed lê, het ek net heeltyd gewag om die bos sleutels by die hek te hoor.”
Nasionale onderwysersdag
Maandag, 5 Oktober, was nasionale onderwysersdag. Ek hoor eers aan die einde van dié dag daar was so ʼn dag. Ek het dit heeltemaal gemis.
Persaanleg deels verwoes in brand
ʼn Brand wat Maandag by die Epko-persaanleg op Lichtenburg uitgebreek het, het ʼn gedeelte van die aanleg in puin gelê.
Intiem vier sy vyftigste uitgawe
Die tydskrif Intiem het Dinsdagoggend sy vyftigste uitgawe saam met van hulle vorige voorbladgesigte, soos Dewald Wasserfall en sy vrou Anel en ander uitgesoekte gaste, by Isabella’s restaurant in die ooste van Pretoria gevier.
Niemand nog vas oor lyk in rivier
Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die dood van Elchenette Rademeyer (26), wie se liggaam drie weke gelede in ‘n rivier buite Pretoria gevind is, nie.
Paul Kruger-standbeeld weer geskend
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het Dinsdag optrede geëis nadat die standbeeld van Paul Kruger op Kerklplein in Pretoria weer met verf geskend is.
Vrou buite Limpopo-restaurant oorval, verkrag
ʼn Vrou van Limpopo is Maandagaand glo by die restaurant waar sy die bestuurder is, deur twee mans oorval en verkrag.
Twee sterf in heli-ongeluk in Limpopo
Twee mense is dood nadat ʼn privaathelikopter Dinsdagoggend net voor 12:00 sowat 100km noord-wes van Polokwane neergestort het.