’n Huwelik van harmonie is een waarna ons almal smag. Maar jy sukkel om op jou tong te byt wanneer hy met sy tekkies aan op die bed gaan lê. Wanneer hy na jou hap, hap jy harder terug – jy is immers nie ’n vloerlap nie. Hoe word jy ’n vredemaker van formaat sonder om jou kop (en jou trots) te verloor?
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "huweliksverryking"
‘Ek is bang om jou te vertel’
Talle kere het ’n ontstelde man of vrou my al kom vertel dat hulle nie meer met hul huweliksmaats kommunikeer nie. Wat hulle bedoel, is dat hulle nie meer die tyd neem om hul planne en vrese, hul vreugdes en frustrasies, te deel nie. Dr. Arnold Mol gee raad.
Kommunikeer jy en jou maat soos julle moet?
Kommunikasie in die huwelik. Dit is een van daardie begrippe wat herwaarts en derwaarts geslinger word as dit kom by gesprekke oor die huwelik. Almal weet dit is belangrik, maar weet ons werklik wat dit behels? Kommunikeer jy en jou maat genoeg en doeltreffend?
Is daar ʼn groenoog-monster in jou huwelik?
Elke getroude paartjie beleef ʼn mate van jaloesie. Jy hou immers nie daarvan as ʼn mooi Eva met mooi bene vir jou mooi Adam loer nie… maar waar trek jy die streep tussen gesonde jaloesie en gevaarlike jaloesie?
Twaalf huweliksvoornemens vir 2020
Wat is op jou agenda? Want ons wil jou motiveer om jou voornemens vanjaar ’n bietjie anders te benader. Hoe klink huweliksvoornemens vir jou?
Só kan julle ander paartjies bedien
Jy en jou maat wil ’n verskil maak aan die wêreld om julle, maar julle weet nie waar om te begin nie. Al ooit oorweeg om as ’n getroude paartjie ander getroude paartjies te bedien?
Sit julle huwelik vas in die modder?
Deur die genade van die Here kon ek al beleef hoe honderde egpare weer vars kon begin en nuut wegspring aan die ander kant van die modderpoel. Dit kan julle ook wees. Laat jou huwelik baat by die vryheid van belydenis en vergifnis.
Die blameer-speletjie in die huwelik
Dit is so maklik as iets skeef loop in die huwelik of jou huweliksmaat ongelukkig is met jou om die blameer-speletjie te speel.
Gemeenskapbediening vir gesinstabiliteit open deure
Beginet, ʼn bediening wat fokus op gesinstabiliteit, het sy deure amptelik op Vrydag 13 Julie in die Jakarandastad geopen.
Intiem vier sy vyftigste uitgawe
Die tydskrif Intiem het Dinsdagoggend sy vyftigste uitgawe saam met van hulle vorige voorbladgesigte, soos Dewald Wasserfall en sy vrou Anel en ander uitgesoekte gaste, by Isabella’s restaurant in die ooste van Pretoria gevier.
[Video] Egpare hernieu troubeloftes
Sowat 60 pare het hulle troubeloftes aan mekaar die afgelope naweek hernieu deur slotte aan ʼn brug in Pretoria vas te sluit.
Finansiële stremming kan lei tot egskeiding
Met SA Huweliksweek (1 tot 7 September) wat pas begin het, is dit ’n goeie idee dat egpare so gou moontlik hul gesamentlike finansies hersien.
Die uitwerking van egskeiding op kinders is groter as wat ’n mens besef
Van alle kinders wat vanjaar gebore is, sal 50% die effek van hul ouers se egskeiding ervaar vóórdat hulle 18 word. Só blyk dit uit ’n Amerikaanse navorsingsverslag.
Bekendes deel van SA Huweliksweek
SA Huweliksweek is om die draai en tientalle bekende Suid-Afrikaanse paartjies is reeds aan boord om as ambassadeurs vir dié veldtog op te tree.