Stephen Hillenburg, wat die kinderprogram SpongeBob SquarePants geskep het, is in die ouderdom van 57 oorlede.
Lees meerAlles vir Dinsdag 27 November 2018
Laaste kans vir 2019 se Gauteng-skoolaansoeke
Ouers in Gauteng wat nog nie by skole aansoek gedoen het vir hul kinders wat volgende jaar in graad 1 of graad 8 moet wees nie, moet vinnig reageer.
DA beweer Bosasa-geld vir Ramaphosa het ʼn Gupta-verbintenis
Mmusi Maimane, leier van die DA, het Dinsdag aangevoer hy het bewyse dat ʼn skenking van R500 000 deur Bosasa aan pres. Cyril Ramaphosa se veldtog vir die leierskap van die ANC, word verbind met Trillian, wat op sy beurt aan die Gupta-familie verbind word.
SAUK versuim om vaardighede-oudit te lewer
Uitvoerende lede van die SAUK is vir die tweede keer vandeesmaand deur LP’s gekasty toe hulle vir ʼn lewenslyn gepleit het en aangedui het die openbare uitsaaier gaan voort met afleggings.
Parlement aanvaar wet teen vals kwalifikasies
Suid-Afrika het vandag ‘n groot tree vorentoe gegee in die stryd teen diegene wat lieg oor hul kwalifikasies toe die Nasionale Vergadering die Wetsontwerp op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk aanvaar het.
Ons sal nie gedreig word nie, sê Scopa-LP’s
Die parlementêre waghond oor openbare rekeninge het Dinsdag gesê hy sal nie “gedreig of verhinder word om sy werk toe doen nie”, in reaksie op ʼn skynbare dreigement van regstappe teen LP’s deur die adjunkminister van openbare werke, Jeremy Cronin.
Dodetal styg ná massaskietery in Port Elizabeth
Die dodetal het na vier opgeskuif ná ʼn massaskietery op sewe mense in Port Elizabeth toe Keenan Louw (26) Dinsdag in ʼn hospitaal gesterf het.
EFF weier Sanef-vergadering ná aanval op joernaliste
Die Ekonomiese Vryheidsvegters het ʼn versoek van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) om dreigemente en intimidasie teen joernaliste te bespreek, van die hand gewys. Dit volg ná uitlatings deur EFF-leier Julius Malema.
Nege verdagtes in hof oor leeubene, tiervel
Michael Frederich Fourie (42) het saam met nog agt verdagtes in Klerksdorp se landdroshof verskyn op aanklagte van die onregmatige besit van wildsprodukte en betrokkenheid by verbode aktiwiteite wat betref ʼn beskermde of bedreigde spesie.
ToekomsVenster: Huweliksmaats is vennote
Huweliksmaats is vennote en het een doel voor oë, naamlik om in en deur die wyse waarop hulle met mekaar saamleef ʼn getuienis en voorspel te wees van die bruilofsmaal van die Lam wat aan die einde van die tyd sal aanbreek.
‘Betogers’ verwoes DBV op Stutterheim
Die betreders het agter hulle aan gehardloop en op hulle geskree hulle gaan die huis afbrand met hulle daarin toegesluit.
Die wêreld in foto’s – 27 November 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Luister: Geraldine Scholtz: ‘Ek wil sing met oortuiging’
“Dit is vir my ʼn passie om te sing wat in my hart is.”
Vrou ‘het naels af baklei’ teen plaasaanvallers
“Hulle is geweldig, geweldig getraumatiseer. Ek kan dit nie vir jou beskryf nie. Desireé praat en huil en alles deurmekaar. Hulle het haar verskriklik verniel.”
Siekte oorsaak van vertraging by King Shaka
“Vanoggend se voorval, die eerste van sy soort vir ons tegniese span, was die gevolg van ʼn ongelukkige situasie waar die span onverwags weens siekte ʼn tekort aan personeellede ervaar het.”
Malema gee ‘bewyse’ oor Gordhan vir polisie
“In stede daarvan dat die media die bestaan van die rekening [in Kanada] ondersoek het, het hulle die EFF aangeval.”
Parktown-afrigter ‘ook seksueel aangerand’
Volgens die verslag het Rex se stiefpa alkohol misbruik en het hy Rex en sy ma verbaal mishandel.
Staatsamptenare kry meer as R1 miljoen se verkeersboetes
Provinsiale amptenare wat staatsvoertuie bestuur het, het van April 2016 tot November vanjaar altesaam R1,141 miljoen se boetes gekry.
Kiesers sonder bevestigde adresse kan nie provinsiaal stem
Kiesers wie se volledige adresse nie op die kieserslys aangebring is nie, sal volgende jaar slegs vir die nasionale parlement kan stem, maar nie op provinsiale vlak nie, het die Verkiesingskommissie (OVK) vandag aangekondig.
Gidion verloor sy stryd
“Gidi se stryd op aarde is verby. Ons magtige vegter is by Jesus.”