8 sterf in Noordwes-ongeluk

(Argieffoto: Pixabay.com)

Agt mense is dood en ʼn driejarige kind het glo danksy die noodhulp van omstanders oorleef nadat twee voertuie Saterdag reg van voor buite Coligny gebots het.

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Noordwes, Sello Lehari, het gesê die voorval het op die pad tussen Coligny en Klerksdorp gebeur.

“Dit is bitter hartseer nuus, veral omdat ons voorberei om padsterftesyfers, wat ʼn daling aandui, bekend te maak,” het Lehari gesê. Dié syfers word Dinsdag bekend gemaak.

Twee vroue en vier mans in een van die voertuie is op die toneel dood. “ʼn Driejarige kind het oorleef danksy die hulp van motoriste op die toneel,” het Lehari gesê.

Twee insittendes in die ander voertuig, ʼn man en ʼn vrou en hul agtjarige kind, is inderhaas na die Thsepong-hospitaal in Klerksdorp geneem. Hulle het daar gesterf.

“Die kind is steeds in die intensiewe sorgeenheid.”

Lehari het sy medelye met die slagoffers se naastebestaandes betuig en het motoriste weer eens gemaan om versigtig te bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.