Aansoeke nou oop vir gratis katarakchirurgie

Argieffoto (Foto: Myriams-Fotos/Pixabay)

Solidariteit Helpende Hand se aansoeke het oopgemaak vir behoeftige bejaardes om gratis katarakchirurgie in Pretoria te ontvang.

“ʼn Katarak is ʼn opeenhoping van proteïen op die ooglens wat visie beïnvloed en word dikwels vereenselwig met persone wat al ʼn rype ouderdom bereik het,” sê Benette Rautenbach, Helpende Hand se projekorganiseerder vir bejaardes.

Rautenbach sê aldus die Nasionale Ooginstituut het bejaardes teen die ouderdom van 80 jaar reeds ʼn katarak of het hulle dit alreeds chirurgies laat verwyder. Persone tussen die ouderdom van 75 en 85 veg ook die stryd dat ʼn gedeelte van hul visie belemmer word as gevolg van katarakte.

“Vir baie bejaardes is dit ʼn traumatiese ervaring omdat hulle nie altyd die verandering begryp nie. Daaglikse aktiwiteite soos lees en kosmaak raak by die dag meer uitdagend, bekendes se gesigte lyk anders en bejaardes se veiligheid word ook in gedrang gestel. Spoed en doeltreffendheid verminder drasties en alledaagse take en aktiwiteite raak stremmend. Dit het alles ʼn groot invloed op bejaardes se gemoed en kan met chirurgie verlig word, maar vir talle bejaardes is dié soort chirurgie onbekostigbaar,” sê sy.

Solidariteit Helpende Hand het daarom, in die gees van Internasionale Ooggesondheid-bewusmakingsweek in Oktober vanjaar, hande gevat met dr. MC Niemandt van Pretoria en Operation Healing Hands om jaarliks ’n aantal behoeftige bejaardes se las ligter maak deur katarakchirurgie.

“Dié inisiatief is in 2013 begin en verlede jaar alleen kon ons altesaam 45 mense help. Die chirurgie wat dr. Niemandt vir die mense gee, is lewensveranderend. Dit is iets kleins wat ’n groot invloed op ’n mens se lewe het,” voeg Rautenbach by.

Behoeftige bejaardes of volwassenes kan vir gratis katarakchirurgie aansoek doen. Stuur ’n e-pos aan [email protected] vir die nodige dokumentasie wat voltooi moet word voor of op 28 Junie. Op grond van die gestelde kriteria word die kandidate deur dr. Niemandt gekeur by sy praktyk in die Hazeldean-winkelsentrum in Silverlakes. Die chirurgie sal in Oktober plaasvind by die Intercare Hazeldean-daghospitaal.

Dit is die verantwoordelikheid van die aansoeker om te sorg vir vervoer voor en ná die operasie, asook enige vooraf afsprake wat gemaak sal word insluitend die dag wat die oogtoetse vir die keuringsproses plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Marinda Pelser ·

My pa is 88 en word Augustus 89. Hy was al twee keer by Staathospitaal vir die operasie met geen sukses. Dan werk die masjiene nie en dan is daar ‘n waglys van hier tot in die Kaap. Hierdie sal Aaawsome wees.

Hans ·

Wat van helpende hand se hulp vir werkers in Orania, veral vir tandarts en katarakke?

Jack Daniel ·

Baie Goeie nuus!!
Net jammer dis in die stad n biekie ver vanaf Nelspruit vir twee ou mense om Te Ry. Veral Vandag se dae is dit gevaarlik op Suid Afrika se paaie.
Hoop hulle doen so iets in die platte stede ook.

Daleen ·

Wat van city bug bussie dit stop gereeld by Lollie Pop roadhouse. Jack ry saam en help hulle

Marinda Fourie ·

Wat van dieselfde offer maak vir pensionarisse in Durban ? My suster het baie sleg katarakke en sal baie defnitief aansoek doen vir so ‘n offer.

Antoinette Rader ·

Wsar doen ek aansoek vir fie verwyder van katarakke asb

wilma ·

Antoinette, in die tweede laaste paragraaf van die berig is ‘n e-pos adres aan wie jy jou navraag moet rig.

Emsie ·

In die NK is ook oumensies, wat van Kimberley en omgewing!?

Jepetto ·

Alles goed en wel ,maar hoeveel buitelanders gaan nie voordeel trek hier uit nie

bambi ·

Kan jul nie ook maar asb in Potchefstroom help nie? Wat het geword van die trein wat ook mense gehelp het? Dokters op n trein?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.