Aanstellings moenie gedoen word omdat kandidaat ‘naby aan ANC is’

Pres. Cyril Ramaphosa Woensdag by die Zondo-kommisie. (Foto: Themba Hadebe/AFP)

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag voortgegaan om die ANC se kaderontplooiingskomitee te verdedig.

Hy getuig vandag en môre voor die Zondo-kommissie in sy hoedanigheid as president van die ANC en het onder andere aan die komitee gesê dit is danksy die komitee dat vroue deesdae veel beter verteenwoordigend in senior posisies is.

Adv. Paul Pretorius, getuienisleier, het dit aan Ramaphosa gestel dat oudmin. Barbara Hogan vroeër getuig het dat aangevoer kan word dat daar nie meer nut vir ʼn ontplooiingskomitee is nie en dat ʼn handvol mense nie oor die ontplooiing van senior staatsamptenare kan besluit nie.

Hierop het Ramaphosa geantwoord iemand moet nooit in ʼn pos aangestel word omdat hy “naby aan die ANC” is nie, maar eerder omdat ʼn kandidaat “naby aan Suid-Afrika” is. Terselfdertyd moet die sogenaamde ontwikkelingsagenda ook in gedagte gehou word.

Ramaphosa het die aanstelling van ʼn uitvoerende hoof vir Eskom as voorbeeld voorgehou en sê wie ook al dié pos beklee moenie net gekwalifiseer wees daarvoor nie, maar moet ook ʼn ontwikkelingsagenda volg.

In Eskom se geval, sê Ramaphosa, kan die hoof van die instelling nie net kommersiële belange nastreef nie, maar moet sogenaamde ontwikkelingsbelange ook prioriteit kry. Indien nie, sou “my ouma in Limpopo dalk nooit elektrisiteit gehad het nie”, het Ramaphosa aan adjunkhoofregter Raymond Zondo gesê.

Ramaphosa het getuig hoewel hy kennis neem van Hogan se stelling, die komitee daarop moet fokus om mense aan te stel wat geskik is vir ʼn pos, wat die spesifieke bedryf ken en hul werk sonder vrees of guns doen, nie deur enige belange gekaap sal word nie en die mense van Suid-Afrika sal dien.

Ramaphosa het voorts getuig dat sekere “kwale” in die party reggestel moet word. Volgens hom het kiesersteun vir die ANC mettertyd gedaal weens mense se absolute afkeer in korrupsie en dat dit ʼn kwessie is wat die regerende party probeer regstel.

Hy het ook toegegee dat daar faksies in die ANC is – en dat dit die gevolg van verskillende belange, beskouings of ideologieë kan wees.

Volgens Ramaphosa is die ontplooiingskomitee nie betrokke by alle staatsdiensaanstellings nie. Die komitee is wel betrokke by aanstellings soos dié van direkteurs-generaal en soms ook hul adjunkte. Dieselfde geld vir die aanstelling van premiers.

Ramaphosa sê die komitee is egter nie betrokke by aanstellings vir die regbank nie omdat dit deur ʼn wetlike proses gebeur. Die aanstelling van ambassadeurs berus by die president – in oorleg met sy kollegas – omdat ambassadeurs uiteindelik die president in die buiteland verteenwoordig.

Volgens Ramaphosa het die komitee onder sy voorsitterskap ook nie betrokke geraak by die aanstellings van senior amptenare by byvoorbeeld die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) of die polisiehoof nie, waarop Pretorius aan hom gesê het dit lyk of daar ʼn gaping is tussen wat die beleid bepaal en wat in die praktyk gebeur.

Ramaphosa het toegegee dat dit wel die geval is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johann ·

En SO lieg jy jouself en jou mede vergrypers uit elke hoek in n sirkel uit.

Suzette ·

Ag duhhh! Dit is al hoeveel keer vir julle gesê – so wat gaan nou die verskil maak??? Moeg vir julle onsamehangende gebrabbel….

Hettie ·

Ramaphosa is weer besig met sy “state of the nation” toespraak , ons gaan en ons gaan ! ek het aanvaar dat hierdie gaan oor wat ons gedoen het !
Net besig om sy kiesers heuning om die bek te smeer met wat hy alweer belowe !

Kokerboom ·

Hoe lank gaan die hoofnar en sy sirkus ons land nog gevange hou?????

JohanR ·

Wel ou Cyril baie van die ANC vroue het nie veel tussen die linker en regter ore nie. Dink maar aan ou camo en roos lipstiffie Lindiwe Zulu. Noem haar maar ‘n 15 percenter!

Dup ·

Bla….bla…bla…hy is al persoon wie glo wat hy sê.
SA is in die grond in “bestuur” en hy sit met n breë glimlag op sy gesig.

jzjz05 ·

Gaan daar iemand hom vrae hoekom daar teen wit gediskrimineer word,van die werksplek tot by universiteite.so wel as besighede waarteen gediskrimineer word as hulle nie die helfte van hul onderneemings weggee vir swartes nie.

Hennie ·

Sy getuienis herhinder aan ‘n beespens… Stink op sy beste…

Nie Verbaas ·

Nou waarvoor het regering dan BEE? Wat het van meriete geword? Hoeveel ANC lede sit in hoe posisies sonder kwalifikasies?

MrMagic ·

Is dit nou nie ‘n vreeslike tragiese verhaal nie “my ouma in Limpopo dalk nooit elektrisiteit gehad het nie”

Jack ·

Mnr R jy was mos daar en het sekerlik die aanstellings bekragtig deur niks te doen nie of hoe?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.