ActionSA kla by persombud oor peilings

ActionSA-leier Herman Mashaba. (Foto: ActionSA)

ActionSA het Maandag aangedui hy gaan drie mediamaatskappye die stryd aansê oor hulle na bewering “politieke disinformasie” help versprei.

Die party het na drie publikasies verwys wat op 10 Maart glo ʼn meningspeiling gepubliseer het sonder om die oorsprong daarvan bekend te maak.

Volgens ActionSA het die betrokke joernalis ook in Augustus 2022 meningspeilings geplaas sonder om die bronne daarvan bekend te maak.

Die party wou nie die name van die joernalis of die publikasies bekend maak nie.

In ʼn verklaring sê ActionSA: “Die name van die publikasies en joernalis sal weerhou word om enige aanklagte van viktimisasie te vermy”.

ActionSA het verder sy ontevredenheid oor die peilings te kenne gegee. Dit was volgens die party DA-peilings wat gedeel is, wat willens en wetens gepubliseer is sonder dat daar in ag geneem is wie daarby sal baat vind.

“Die joernalis gaan so ver as om te bevestig die meningspeiling is vertroulik gedeel en voer aan die peilings het sy oorsprong in ʼn instansie wat ʼn ‘uitstekende reputasie’ in peilingopnames het.”

Volgens ActionSA word daar ʼn valse beeld hierdeur geskep dat die DA deesdae rekordgetalle steun trek.

“Die vraag wat die joernalis nie beantwoord nie, is dat die DA voordeel trek uit die kunsmatige illusie van groei uit ʼn peiling wat hulle self verskaf het,” sê ActionSA.

Verder het ActionSA daarop gewys dat die artikel ook verwys na navorsing wat deur die ) gedoen is. Die SRF word deur ʼn voormalige DA-persoonlid, Gareth Onselen, bedryf.

Volgens ActionSA is Onselen ʼn uitgesproke teenstander van politieke partye wat die DA se steun bedreig.

ActionSA meen die publikasies het artikel 12 van die perskode oortree, deurdat hulle versuim het om die nuus gebalanseerd weer te gee, met die nodige konteks, en sal vra dat ondersoek hiervolgens ingestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

George ·

ActionSA het amper meer papiertjies om te teken en te registreer as die DA.

Amelia ·

da is grootmond maar as vonke spat is hul nerens in sig nie ek glo nie daar is werklik n party wat na burgers se belange omsien nie eerder hul eie sakke

Staal ·

So Amelia, wil jy eerder gê die ANC moet by die DA oorneem? Jy moet jou kop laat lees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.