AfriForum ook by Sanco-optog

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, by die optog. (Foto: AfriForum)

Verteenwoordigers van die burgerregtegroep AfriForum was Woensdag op uitnodiging deel van die South African National Civic Organisation (Sanco) se optog in Pretoria, waar daar teen onder meer plaasmoorde betoog is.

Sanco het van Burgerspark na Tshwanehuis en daarna na die Uniegebou opgeruk.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het ’n toespraak by die Uniegebou gelewer oor die organisasie se steun vir Sanco se bydrae tot die stryd teen plaasmoorde.

Sanco het onder meer teen plaasmoorde betoog. (Foto: AfriForum)

“AfriForum het besluit om Sanco se uitnodiging te aanvaar. Hoewel AfriForum en Sanco nie oor alles saamstem nie, beskou AfriForum dit as belangrik dat plaasmoorde deur verskeie groeperings uit die land veroordeel word. Sanco se veroordeling van plaasmoorde is by uitstek iets wat ons kan ondersteun.”

Kriel het aan die skare gesê die organisasie wil hê álmal in die land moet veilig wees en daarom moet daar hande gevat en teen plaasmoorde standpunt ingeneem word.

“Miljoene landsburgers word op die platteland groot of ken iemand wat op ’n plaas bly, dus is dit te verwagte dat AfriForum nie alleen staan in die stryd teen plaasmoorde nie,” het Kriel gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Adam Adriaan ·

Dit lyk vir my dat ons mense besig is om wakker te word en om hande te vat. Dit is die enigste oplossing vir die ANC/EFF probleem. Asook die land se probleme.

Genis ·

Dis n goeie ding, meer mense van alle etniese groepe moet hulle stem dik maak… Anders is dit handjie vol, wat ons eindelik is… ek doen optogte teen plaas moored, en glo my daar min mense… Voedsel sekuriteit benadeel almal… Wag tot die Sssa geld opdroog… dan sien ons iets anders in die land van melk en heuning

Genis ·

Dit raak ons almal in die land, ek sien nie fout daarmee nie… Ons is n klein handjie vol, ons almal word deur die moored geaffekteer.. Voelsel sekuriteit, werk vir die gemeenskap, ekonomie van die klein dorpies… Dis goed ander ook hulle stemme begin dik maak..

Oom Hennie Pennie ·

Wonderlik dat daar meer stemme opgaan teen plaasmoorde en daar hande gevat kan word. Hoe meer stemme hoe sterker die druk op regering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.