Die Tshwane Metro het die ANC-jeugliga se aansoek, om ʼn betoging by die Afrikaans is Groot-konserte te hou, afgekeur.
“Hiermee wil ons aan konsertgangers bevestig, wat moontlik bekommerd was oor veiligheid, dat die kwessie nou opgelos is,” het Barnard Beukman, woordvoerder vir AIG, in ʼn verklaring gesê. “Ons verwelkom die situasie waarin konsertgangers nou die konserte in ʼn ontspanne atmosfeer kan bywoon, terwyl hulle die musiek geniet.
Die jeugliga het vroeër aangedui dat hulle wil betoog teen Steve Hofmeyr se optrede by dié konserte, ná sy uitlatings vroeër op sosiale media. Die jeugliga het aanstoot geneem nadat Hofmeyr onlangs getwiet het: “Sorry to offend but in my books Blacks were the architects of Apartheid. Go figure.”
Daar is nog ʼn paar konserte tot Saterdag in Pretoria en drie uitverkoopte konserte word volgende week in Kaapstad by die Grand West Arena gehou.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
RSG en Naspers sal bitter teleurgesteld wees.
Volgens my gee die ANC nie om vir sy kiesers nie. Daar is GROOT apartheid tussen kiesers en die ANC leiers se leefstyl.
Is ‘n “stilfoto” nou dieselfde a s’n “still life photo”? Is die “mense” in die foto regte mense, of is dit poppe? As dit regte mense is, is dit nie ‘n “stilfoto” (still life photo) nie.