Afvaardiging na VSA om Wes-Kaapse belange te beskerm

Argieffoto van Alan Winde. (Foto: Twitter)

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, en ʼn afvaardiging van die Wes-Kaapse regering en handelsbevorderingsagentskap (Wesgro) is tans op besoek aan die VSA en heel boaan hul sakelys is om die Amerikaners te verseker dat die Wes-Kaap verbind bly tot die Afrika-groei-en-geleenthedewet (Agoa).

“Agoa is vir ons baie belangrik. Dit is ʼn kritieke statuut wat ons provinsie, ons land en streek vir meer as ʼn dekade bevoordeel,” het Winde Dinsdag uit Washington DC gesê.

Die afvaardiging het as deel van sy besoek ’n reeks vergaderings in die Amerikaanse hoofstad belê. Dit sluit in ’n onlangse vergadering met strategiese belanghebbendes van die Amerikaanse senaatskomitee oor buitelandse betrekkinge.

Amerikaanse amptenare het tydens dié robuuste bespreking Maandag verduidelik dat die VSA nie sy bande met Suid-Afrika wil verbreek deur nie sy Agoa-kwalifisering te hernu nie, verduidelik Winde.

“Daar is egter kommer wat verband hou met sekuriteitsake, maar die amptenare het aangedui dat dit ook in die belang van die VSA is om die potensiële toekomstige voordele wat die statuut beoog om te bevorder en te skep, te laat aanhou groei.”

Die Wes-Kaapse afvaardiging het ook met lede van ʼn Amerikaanse kongreskomitee en die Civil Society Network oor Agoa vergader. Winde het tydens die vergadering weereens die versekering gegee dat die Wes-Kaap die geskiktheidskriteria van Agoa respekteer.

Dié vergaderings volg te midde van sprake dat Suid-Afrika moontlik binnekort sy enkele grootste multilaterale handelsooreenkoms met die VSA kan kwyt wees.

“Indien Suid-Afrika sy Agoa-kwalifisering verloor, sal dit ʼn groot terugslag vir die hele ekonomie wees,” sê Winde.

Die premier sê sou dit gebeur, sal die Wes-Kaap se ekonomiese verliese veel hoër wees as dié van die res van die land weens hoër handelstariewe. “Die Wes-Kaap se winsgewende landbousektor sal die meeste daaronder ly, veral in die skep van broodnodige werksgeleenthede.

“Ons as die provinsiale regering werk hard daaraan om betrekkinge met die VSA te versterk. Agoa is van kritieke belang om dit te bereik. Ons het beleidsekerheid in ons provinsie geskep om die wedersydse voordele van die wet te bevorder,” sê Mireille Wenger, Wes-Kaapse LUR van finansies en ekonomiese geleenthede.

Alexandra Whittaker, ʼn lid van die Amerikaanse kongreskomitee oor maniere en middele, het aan die Wes-Kaapse afvaardiging gesê daar is onmiskenbare steun vir verhoudinge tussen Suid-Afrika en die VSA, maar dat daar tog kwessies is wat bespreek moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek dink meer mense moet steun aan die weskaap gee sodat hulle kan afstig van die huidige piesang republiek en die deel van die land weer opbou na waar dit hoort te wees.

MJLS ·

Gaan daar genoeg blyplek en werksgeleenthede wees indidn ons van die ander provinsies af Weskaap toe sou verhuis?

Harley Davidson ·

Nee maar daar gaan ‘n eerste wêreld land in Afrika wees wat voorspoedig is en wat werk.

KatjieDeKat ·

Verwag dan dat hul ook hul hulle Amerikaanse skool kurrikulum gaan afdwing op die WesKaap. Verwag dat jul kindertjies dinge sal moet leer wat volwassenes nie eers van wil weet nie, kompleet met “drag queen story hour” elke dag, selfs vir graad R. Verwag dat jul kinders in massas gaan beinvloed word deur die gruwelikste perversiteite.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ouers moet minder passief wees en betrokke raak by hul skole om daai nonsens te stop.

KatjieDeKat ·

In Amerika probeer sommige, daar is video’s van ouers wat die skoolraad aanvat maar dit help nie, die skoolrade vee hulle af aan die verwoede ouers.

Goldy ·

Die feit dat dit nie heel bo aan alle agendas in die weskaap is nie gaan my verstand tebowe want die ANC vrot groei al nader, en dit sal die weskaap soos die ooskaap transformeer.

Jaco ·

Wat van Amerika vra om die Wes-Kaap militêr te beset om die wit- en kleurling-minderhede daar teen ANC onderdrukking te beskerm? Rusland het dié dele van die Oekraïne waar die onderdrukte Russiese minderheid bly, militêr beset en die ANC dink dís reg.

KatjieDeKat ·

The USA won’t do that, they’re not interested in the wellbeing of actual SA citizens as people. They’re only interested in countries’ governments as a whole, in their own interests through trade and having a country’s government as marionettes. Those puppetmasters don’t care about any country’s civilians as individuals.

Republikein in die Wes Kaap ·

Deesdae is die BricsXit debat woelig in die Kaap. Mense wil ‘n referendum hê. Dink net, na dié referendum is dit die CapeXit referendum. Republikein het probleme. Hy is pro-Brics én pro-CapeXit. Dis die een óf die ander.Hoe nou gemaak? Burgers buite die Wes Kaap is werklik bevoorreg. Die ANC weet altyd wat is die beste en neem moelike besluite sommer namens julle.

Goldy ·

Kry sommer ondersteuning om vir weskaapse onafhanklikheid te onderhandel, dan behou die weste darm een stukkie bondgenoot in Afrika. Sal in hulle belang ook wees.

Jaco ·

Ek hoop die DA praat met die regte mense in Amerika; verkieslik politici wat tans regtig regeer daar en wat dus daadwerklik die Wes-Kaap kan help. Afriforum was ook daar, nogal terwyl Trump president was, maar hulle het net met die Heritage Foundation gepraat. Dis maar soos vir ‘n onderdrukte groep van elders in die wêreld om by die Afrikanerbond in SA te kom kla. Dit help NIKS.

JohanR ·

Dit kan nie goedkoop wees om ‘n afvaardiging VSA toe te stuur. Kon hulle nie Skype nie….dis vry! Vandag $1 = R18.45, of R1000000 koop jou $54193. Is $54193 genoeg vir 10 McDonalds vir 10 afvaardiges?

Jacques Dawie ·

VSA gaan nie finger verroer nie, want hul sal nie sukses van enige Afrika land duld nie. Die VSA het SA presies waar hy hom wil hê, en niks gaan dit vernader nie. Soos hul gedruk het vanaf 1988 tot 1994. Hoekom is daar doodse stilte oor misdaad, plaas moorde, verkragtings in die VSA oor wat in SA aangaan? Want hul voel n feer vir SA. Dit is die realiteit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.