Al meer masels in Limpopo

(Foto: iStock)

Daar is ʼn voortgesette styging van laboratoriumbevestigde masels-gevalle in Limpopo.

Bevestigde gevalle in die Groter Sekhukhune-distrik het volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) tot 12 toegeneem, terwyl nog twee positiewe gevalle in die Mopani-distrik bevestig is.

Giyani, wat onder die Mopani-distrik val, het binne 30 dae drie bevestigde gevalle gehad, wat volgens Nios voldoen aan die definisie van ʼn uitbreking.

Masels is by vyf vroue en sewe mans in die Groter Sekhukhune-streek gediagnoseer en pasiënte se ouderdomme wissel van nege maande tot 24 jaar oud. Drie kinders hier is ten volle teen masels ingeënt, terwyl die inentingstatus van sewe kinders onbekend is. Twee is nie teen die siekte ingeënt nie.

In die Mopani-distrik wissel pasiënte se ouderdomme van twee tot vyf jaar.

Geen van die pasiënte het hospitaalbehandeling benodig nie.

Simptome van masels kan insluit koors, ʼn uitslag, rooi oë en ʼn loopneus. Verdere komplikasies kan longontsteking, diarree, ontwatering, blindheid en selfs sterftes veroorsaak.

Maselskomplikasies is ernstig by kinders wat ondervoed is, en kinders jonger as twee jaar.

Mense van enige ouderdom wat egter nie teen die siekte ingeënt is nie, kan ook masels opdoen.

Nios het ʼn beroep op gesondheidsorgwerkers gedoen om bedag te wees op die simptome en kinders se inentingskaarte na te gaan om te verseker maselsinentings is op datum.

Kinders word as ʼn reël op ses en 12 maande oud teen masels ingeënt, maar die inenting kan ook op enige latere stadium toegedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

My siening ·

Maar die strome van Zim en afrika word nie gestop nie hierdie gaan groter en nuwe peste bring want regering word nie geraak nie nê Cyrel!

Johann ·

Siektes en peste onder mens en dier wat veronderstel is om beheer te word,maar vir die “afrikaan” is beplanning en vooruit dink nie ‘n opsie nie. Totdat dit só buite beheer is dat die “koloniseerder” moet help.

Perdeby ·

Wow 12 gevalle dit is verskriklik ons het seker vanaand 8 uur huisvergadering vir inperkings

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.