Ambulans ry drie dood

‘n Rescue Care-ambulans.

ʼn Ambulans het Maandagoggend onderweg na ʼn mediese noodgeval in vier voetgangers ingeploeg in Durban, KwaZulu-Natal.

Volgens Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, was dit een van hul ambulanse wat in die voorval betrokke was. Die botsing het in Boothweg in die omgewing van Cato Manor plaasgevind.

Jamieson het gesê die presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie duidelik nie en sal deur die polisie ondersoek word.

“Drie van die vier voetgangers is in die ongeluk dood. Die vierde voetganger is in ʼn stabiele toestand in ʼn plaaslike hospitaal opgeneem.”

Rescue Care se bestuur het hul meegevoel met die slagoffers se families betuig en gesê die maatskappy sal nou saam met die polisie werk om hulle op enige manier met hul ondersoek by te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Netso ·

Ironies dat dit wat jou lewe kan red, jou lewe in doods gevaar stel. Gister was 19 beseer in die Noord Kaap, ook ñ ambulans! Sal interesant wees om te weet of jy enige ekstra bestuur lesse kry of nie voor jy ambulans ry?

Jo B ·

Wat gaan aan in ons land???… Dis deesdae net moord en doodslag.

Gaan dit NOOIT ophou nie???

Helena. ·

Jammer oor die voorval. Soms moet ambulans bestuurders mense kans gee om uit sy pad te kom as sy sirene aan is. Dis nie altyd moontlik nie, maar hy moet ook die pad reëls gehoorsaam. Elke voertuig het n rem pedaal.. nood of nie daai pedaal moet maar gebruik word waar nodig.

smurfie ·

mense gaan my seker nou kruisig, maar ek sien dit baie, dat mense hulle nie steur aan n ambulans, wat oppad is na n noodgeval toe nie. Ry stadig voor die ambulans in of maak nie pad nie. Of loop op hulle tyd oor die pad, gaan staan nie stil nie

Amanda ·

Smurfie ek stem 100% saam…mense in voertuie asook voetgangers is baie keer moedswillig en beweeg stadig voor ambulans in. Ek het 2 maande terug die geval gehad waar ‘n voertuig nie wou pad gee vir ‘n ambulans nie, sirenes en ligte was aan…ambulans was opgehou deur moedswillige persoon. Die persoon waarheen ambulans gejaag het, is dood, en dit kon verhoed gewees het as die voertuig net wou gehoor gegee het aan die sirenes!

Lourens ·

Ek het ook gesien op die N1 waar, in spits verkeer, 3 taxies agter ‘n ambulans jaag om deur die spits verkeer te kom. Verkeer voertuig wat paar motors voor my was, het niks gedoen nie.

pieter ·

Het noodvoertuie nie almal van daii “dash cams” in nie. Dit kan mos veseker met die ondersoek help?

Koos ·

Daar is ‘n baie grooter probleem. Sowat 95% van alle noodvoertuie se bestuurders het SLEGS ‘n normale bestuurslisensie SONDER enige hoë of gevorderde bestuursopleiding. Mense, gee pad vir alle voertuie met flikkerende ligte(blou, rooi, geel, wit, maak nie saak nie) op die dak. Dit kan jou lewe spaar. Dis soos om ‘n huisdoker toe te laat om breinoperasies te doen. Sekerlik kan dit ‘n paar keer suksesvol wees maar wat as dit nie is nie?

J ·

Hoekom loop die voetgangers dan in die openbare pad. Dit is waarvoor voetgangers paadjies gemaak word si entjie van die openbare pad.

Padvarke ·

Ek is baie jammer, maar sommige ambulanse ry soos varke! daar is deesdae meer ambulanse op die paaie as wat daar ‘toutrokke’ was waar daar tot 5 trokke gelyktydig gestop het om mense weg te vat en dan was sommige ongelukke geensins ernstig nie. Hoe weet mens of daar regtig pasiente agterin is? ek glo hulle is soos die polisie wat deur erge verkeer wil ry en nie wil stop nie, dan gebruik hul maar die sirenes asof daar iets gebeur het. In hierdie land sal dit my geensins verbaas nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.