ANC-koukus sê oor doodstraf, borgtog vir geweld teen vroue en kinders

ANC-hoofsweep Pemmy Majodina (Foto: Chantall Presence/ANA)

Die ANC se parlementêre koukus het Maandag terugvoer gegee ná hy oor die naweek doodstraf en borgtog vir oortreders van geslagsgebaseerde geweld bespreek het. Die koukus het doodstraf verwerp, maar is ten gunste van veranderinge aan die wetgewing oor borgtog vir die oortreders.

Hoofsweep Pemmy Majodina het gesê die Wet op Seksuele Misdrywe en die Wet op Gesinsgeweld sal gewysig word om strenger strawwe vir oortreders toe te laat. Dit sluit in dat geen borgtog toegeken sal word aan persone wat beskuldig word van geslagsgebaseerde geweld nie.

Sy het gesê die ANC sal egter nie reageer op ʼn “populistiese versoek” dat doodstraf weer ingestel moet word nie. “Die Grondwet gee aan ons die reg tot lewe en ons het as lede van die parlement ʼn eed afgelê dat ons ons aan die Grondwet sal onderwerp en ons kan nie dan sommer net goedsmoeds vra vir doodstraf nie.”

Die ANC-koukus in die parlement ondersteun bykomende maatreëls insluitend dat ʼn nasionale noodtoestand afgekondig moet word, dat die nasionale register vir seksoortreders publiek gemaak moet word en dat lewenslange tronkstraf, sonder die moontlikheid van parool, op oortreders toegepas moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Bekommerd ·

Snaaks dat hulle nou die grondwet respekteer soos dit hulle pas

Leser ·

Snacks dat die regering aan die moordenaars en aanranders se reg tot lewe dink, wat van die slagoffers se reg tot lewe. Hulle verdraai dit om hulle te pas.

Alicia du Plooy ·

Ek dink dat as mense nie borgtog kan kry nie net op grond van n klagte van geweld dit kan aanleiding gee dat moontlik onskuldige mense onnodig aangehou word. Hierdie voorstel sal baie goed oorweeg moet word.

Helene Heyns ·

Ek stem saam met jou, Alicia. Dis al in die verlede bewys dat klagtes al gelê is teen onskuldige mense. Hier sal groot omsigtigheid aan die dag gelê moet word.

Sam Brookes ·

Soveel as wat ek dit graag ook so sal wil he moet ek saamstem dat dit nie sal werk nie, ook omdat die Suid-Afrikaanse iemand as onskuldig beskou totdat skuld bewys is. Ek dink egter dat dit in besondere omstandighede aan die landdros se diskresie oorgelaat moet word, soos huidiglik.
Wat die doodstraf aanbetref kan dit gerus maar weer ingestel word. Dit kan selektief opgrdra word word waar daar sonder redelike twyfel bewys word dat die aangeklaagde vir seker skuldig is.

Outoppie ·

Doodreg ANC. Die grondwet sê almal het reg op lewe. Hoekom word mense se regte weggeneem deur moordenaars maar hul mag ń reg hê

Santie ·

Ek stem saam die beskuldigte kan nie doodstraf kry nie. Marr die slagoffers wat onnodig vermoor is kan jy amper se. HET DIE DOODSTRAF GEKRY.

SO WAT NOU

Zaks ·

Maak selfde soos grondbesit, verander dit. Of hoe…? of kan net artikel 25 ge”edit” word……

Hennie ·

Regtig? Die grondwet is nou OK? Net wanneer dit julle septiese denke pas! Julle weet dat julle eie carbon copies meet gaan tou swaai as enige iemand anders!

Anoniem ·

DIE GRONDWET gee aan ons fiecreg op lewe. Wat ‘n bkerrie grap, wat van die vermoordes se reg op lewe

Joe Olivier ·

Die anc wil tog so vroom voorkom. Die kastige lede breek elke dag ten minste 50 keer hul sogenaamde eed deurdat mense vermoor word en sodoende hul grondwetlike reg tot lewe verloor. Lyk my dat moordenaars meer regte het as wetsgehoorsame mense.

???????????? ·

My pa het vir my gesê….of jy kies die lewe of jy kies die dood. As jy iemand se lewe neem het,het jy die dood vir jouself gekies…so hoekom het die moordenaar die reg tot lewe….maar die person Wat vermoor word se reg tot lewe word nie gerespekteer nie …EK VRA MAAR NET!!!!!!

!!!!!!!!!!! ·

Jammer vir die tikfout. Dit moet lees: As ek mag, vra ek ook maar net!!!!!

m ·

Ek is geneig om met “Alicia” saam te stem, en om nie borgtog te kry nie, kan nie gesien word as ‘n straf nie, want dan hou jy mense aan wat nog nie die reg gehad het om hul onskuld te bewys nie. En dis verkeerd!!!

JR ·

As die grondwet vir grondondonteinig gewysig kan word kan dit vir die terug bring van die doodstraf ook gewysig word my ma en al die ander mense wat so wreed vermoor is het ook n reg om te lewe wil nie eers praat van die klein kindertjies nie wat n skande roei die ANC uit hulle is vrot vrugte wat al die ander aansteek Julius en black first ingesluit

Mariki ·

Hoe lagwekkend…dog ernstig…is dit nou nie vir jou nie…die hoogheilige ANC respekteer die grondwet!!!! Kom ons haal hulle aan as hulle die grondwet wil verander tov grondonteiening! Anyhow, ek vertrou in elk geval glad nie die doodstraf in hierdie se hande nie… daarvoor is hulle glads te bevooroordeeld!! Wittes sal gehang word op ‘n streep…kyk maar net die sake wat die laaste tyd deur die howe was… eral as ‘n swarte die slagoffer was… ? As dit regverdig toegepas kon word, was dit ,n ander saak… maar nee… rassisme sal weereens die oorhand kry!

Kootjie ·

Almal het ‘n reg om te lewe!! Maar.. die wat ‘n ander daardie reg ontneem!! Moet met hulle lewens daarvoor betaal! Hulle moet stert!! En klaar!!

Ray ·

Ek stem dis nodig om goed deurdink te word. Geweld wst bewys kan word stem ek. Geen borgtog. Dit kan veroorsaak dat mense onder valse voorwendsel interdikte kry en jou laat valslik arresteer onder die vaandel van gesinsgeweld. Nou wat nou. In die huidige sisteem het dit al met vele mans gebeur gedurende skeisake. So ñ onskuldige persoon slaap in die tronk vir die aand en dit kan daai persoon se lewe onherroeplik verander. Ek is seker daar is vele mans wat dit mee gebeur het. Ek weet want dit het met my gebeur en ek het nog nooit my hande vir ñ vrou gelig nie. So dink oor of dit net nog ñ slaanstok is, of wel goed toegepas gaan word

Michael P ·

Referendum!!!! JA OF NEE dit is al uitweg Die ANC weet nie waaroor dit gaan nie. Hoor nou ASB tog die grondwet.

Hanna Hoekom ·

Maar dan mag die gevangenis en die verhoor afwagtendes NIE stem nie asb!

SjN ·

Referendums word ook gekook soos verkiesing, hul weet hul gaan klomp stemme verloor as dit toegepas word, so hul moet besef die grondwet kan nie sommer verander word soos dit hul pas nie .

Paul Mardon ·

Kom ons dink net prakties: Wil julle regtig die doodstraf in die hande van hiérdie regering plaas?

m ·

@paul, kyk ‘n bietjie rondom jou, in lande rondom ons soos Botswana waar die doodstaf toegepas word lyk dinge baie beter as hier by ons!! Waarom moet die reg die lewe van iemand respekteer wat geen respek getoon het aan die lewens van die mense wie se lewens hulle geneem het nie?

Michael P ·

O genade Paul jy is seker reg nie so daar aan gedink nie sal seker die doodstraf vir vir sekere woorde.

Louisa j ·

Ja dink ook nie die doodstraf moet in hulle hande gesit word nie maar voel ook nie om 25jaar en meer vir n moordenaar of verkragter te sorg met ons belasting geld nie. Dink die regering moet n ander plan sien om gevangenisse te onderhou. Ons moet alreeds so baie opdok vir alles en die denke dat ek en miljoene ander vir hulle moet sorg steek my dwars in die krop.

Akkerboom ·

Be careful what you wish for. Daar is reeds ñ verskillende stel reels vir verskillende bevolkingsgroepe

Natascha ·

Hoekom nie doodstraf, Botswana het nog doodstraf. Dit sal die mense leer om die ander se lewens in eie hande te neem. Ons tronke is reeds oorvol. En ons belasting belatalers moet opdak vir die gemak van die gevangenisse.

AA ·

Die Bybel sê – Oog vir n oog en tand vir n tand, so as jy n onskuldige lewe neem hoekom kan joune ook nie geneem word nie, nou kry jy drie etes n dag in die tronk leer verder en kom later uit op borgtog want jy het berou getoon ?? NEE jy was nie jammer toe jy daai persone se lewe geneem het nie so boet maar met jou lewe !!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Doodstraf moes nooit weggeneem gewees het nie !!!!!!!!!!!!!!!!!

Magda ·

En wa t van die vermoorde of verkragte persone – verkrag is net soos DOODSTRAF – Jy kan maar praat of behandeling kry tot jy blou in jou gesig is – daai/-/-/– gaan net NOOIT weg nie – Ek WEET, so ja dit is ons DOODSTRAF en dit is nog erger want jy moet daarmee saam leef – Hulle verdien nie die LEWE nie – jammer!!

Jan Nel ·

HOE OM VAN JOU MAN ONTSLAE TE RAAK (vir ten minste 2 jaar)

1) Gaan lê ‘n klag van verkragting/aanranding teen jou man.

2) Jou man sal gearresteer word.

3) Volgens die nuwe voorstelle sal hy nie kan borg kry nie.

4) Die saak sal vir ‘n paar maande (vir ondersoek) sloer in die Distrikshof

5) Daarna sal dit oorgeplaas word na die Streekhof of Hooggeregshof

6) Walla! Jy is ontslae vir ten minste 2 of 3 jaar!

Doc ·

Vooraf beplande gruwelmoord moet die doodstraf kry. Dis ANC se plig teenoor die volk

Landie ·

Al die mense wat hulle skuldig maak aan moord, verkragtig ens teen enige Suid Afrikaner gaan lekker tronk toe. Maar is dit werklik ‘n straf? Want watter omstandighede kom die oortreders van? Bly in a shack en weet nie waar sy vlngde bord kos vandaan kom nie. Nou gaan hy tronk toe. Hy het ‘n dak oor sy kop, ‘n bed om in te slap en kry elke dag gratis maaltye om te eet, EN hy het gratis toegang tot was fasiliteite. Hy kan selfs stem, en hy kan verder studeer teen die belastingbetaler se rekening. Geen voorregte word hom ontneem nie. Vlgns my glad nie ‘n straf nie, dis ‘n lekker lewe.

jakes ·

Die rede waarom die doodstraf nie toegepas sal word nie is bloot omdat dit die bevolking van n sekere groepering jaarliks met so 20% sal laat daal en dis beslis nie die wit groepering nie.

Me too ·

Jan, ek verstaan jou vraag, die anc se volk is mense wat vir hulle stem, maar hier word bedoel, elke inwoner wat onder die anc regering lewe.

Kas ·

Santie,die slagoffer is die reg op lewe ontneem.Die ANC sal nooit die doodstraf install nie.War van hulle booties wat boere vermoor.Gaan die regstelsel so toegepas word teenoor blanke vroens of is hulle uitgesluit.Sluit dit vrouens op plase ook in Wonder net

Lee ·

In party Afrika lande kap hulle ‘n vinger af of die hele hand. Hoekom dan nie dit eerder as die doodstraf nie? Tronke is oorvol en die sal mense keer om minder misdaad te pleeg. Ek het in elk geval gedink hulle sal nooit doodstraf terug bring nie.

Essie ·

Wie is groter die grondwet of ons Almagtige God in sy woord staan as jy iemand vermoor sal jou straf ook met die dood betaal word

Linda ·

Nee regtig!!! die families van die oorlede persoon wat so erg vermoor is, moet sukkel om die persoon te begrawe groot finansiele omkostes hê, terwyl die moordenaar lekker lewe in die tronk om my en jou belasting geld. Nee wat, bring maar terug die doodstraf vir ‘n moordenaar en verkragter. Dink net as die verkragter 25 jaar (lewenslank) kry en hy kom uit dan moet daai persoon wat verkrag is weer van vooraf vrees vir haar lewe, want natuurlik sal daai veerkragter wil wraak neem om die persoon wat hom in die tronk laat beland het. Maroela Nuus, laat ons asb stem vir die doodstraf.

kolla ·

Ag die ou doodstraf storie. Die moordsyfer was vanaf 1981 tot einde van Apartheid hoër as tans en daar is eintlik maar bittermin mense gehang.

wsp ·

ek stem saam met die ANC ‘die reg tot lewe’ so venaand sit ek voor die tv saam my gesin na n harde dag se werk en ontspan (my reg om telewe) verdagtes kom in my huis en ontneem my en my gesin se reg om teleef maar die se reg om teleef word nogsteeds beskerm
so wie het n reg en wie nie en as my reg bedreig word mag ek dan die se reg ook bedreig om myne te beskerm
intrisante dubbelsinige wette

Lyn ·

Ek stem saam . As jy iemand vermoor vat jy sy reg om te weg . Dit is nie reg nie .

Leon Pit ·

ANC sê dit sal nie help om die doodstraf
terug te bring nie. Hoekom nie. Omdat hulle op n streep gehang sal word.

wsp ·

kriminele is glad nie meer gepla oor tronk toe gaan nie gratis slaap plek kos en dan die geleentheid om teleer ‘so do crime’ gaan sit kry als verniet wees n model citizen kom uit op parool met n kwalifikasie en n goeie betaalde werk

Hanlie ·

Dis nes jy daar se wsp. Sien uit na ‘n rustige aandjie tuis na ‘n lang dag werk. Dan word die “rustige aandjie” ‘n aand van vrees, bloed en trane. En ons moet hande gevou sit!!!! Absurd.

Daniel ·

Om nie die doodstraf trug te bring nie, en die vonnese te verleng, sit geweldige impak op die “Tax payer” om die beskuldiges te onderhou. Hoe gaan hy gekorrekteer word in die gevangenis, en waar voor as hy dan lewenslank gaan sit. Dis geld mors regtig.

MWDB ·

leon ek stem saam met jou. ek dink daar is nie n beter ding as om doodstraf terug te bring. dan sal daar minder moord en doodslag wees en minder aanrandings van alle aard. en dan hoef die belasting betaler ook nie meer help om tronk mense te versorg nie. so anc wil nog steeds gat kant werk, dink julle dink. daar gaan meer geld wees om meer mense werke te gaan gee en dan is daar meer bly plekke ook, gebruik jul verstand jul het dit verniet gekry so maak gebruik daarvan.

marous ·

Wil die spul ploerte mense straf voor hulle skuldig bevind word ? Borg is ‘n regs beginsel wat een doel het , en dit is om te sorg dat iemand teenwoordig is by ‘n verhoor , tot na uitspraak gelewer is .

Cato ·

Ek ken n dame wat aangerand is deur haar kerel, sy het aansoek gedoen vir n beskermingsbevel. Sy het erg gelyk. Sy moet nou vir die 3de keer in die hof verskyn en steeds geen beskermingsbevel gekry nie omdat die vark nog nie met sy prokureur kon gesels vir regsadvies nie. Soos hul se hulle besef die erns van die saak maar hy het die reg tot advies. Die stelsel van ons verstaan ek nie!

Trojaanse Donkie ·

Maw. se daar moet 10,000 mense gehang word per jaar. Hoeveel per dag in se 12 ure, Maandag tot Sondag. Waar is die laksmanne en die geriewe om doodvonnis te voltrek. Gaan hulle verbrand of veras word?
En al die families wat agter bly? Prakties en totaal onmoontlik. Dink maar weer dis onuitvoerbaar. Droom maar verder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.