‘ANC-onbevoegdheid’ veroorsaak verleentheid oor vlag

(Argieffoto: Rodger Bosch/AFP)

Die Springbokke en die Proteas loop die gevaar om nié die Suid-Afrikaanse vlag by die onderskeie Wêreldbekertoernooie te hys nie – en ook nie die nasionale lied te sing nie – ʼn moontlike verleentheid waarvoor die DA die skuld vierkant op die ANC-regering pak.

Suid-Afrika moet teen 13 Oktober aan gewysigde Wada-wetgewing voldoen of Suid-Afrika sal voortaan onder ʼn neutrale vlag aan groot sportskouspelle moet deelneem. Maroela Media het vroeër berig die Suid-Afrikaanse regering het die sperdatum misgeloop om sy wetgewing aan te pas om met dié van Wada te strook.

Die hersiene wetgewing, waaroor ooreengekom en deur meer as 700 sportfederasies wêreldwyd aanvaar is, het in Januarie 2021 in werking getree. Wada se uitvoerende komitee het ná ’n vergadering op 22 September bekendgemaak dat Suid-Afrika en Bermuda egter steeds nie die kode bygewerk het nie. Die nuwe sperdatum vir die lande is volgende Vrydag.

“Vir ons nasionale spanne om die gevaar te loop om nie ons vlag by die onderskeie Wêreldbekertoernooie te hys nie – ons grootste verhoog in sportkompetisies – weens die ANC-regering se onbevoegdheid, sal ʼn verleentheid wees,” sê Solly Malatsi, die DA se nasionale woordvoerder.

Die departement van sport, kuns en kultuur het nou tien dae om die wetgewing te wysig om aan die Wada-regulasies te voldoen.

Die spertyd kom al nader.

Die DA sê ook Zizi Kodwa, minister van sport, se “blatante afstanddoening” van die probleem wys net weer op ANC-onbevoegdheid en ʼn “regering wat alles wat hy aanraak, verwoes”.

“Die minister het veel om op te antwoord terwyl sy regering aanhou om ons nasionale spanne op die wêreldverhoog in die verleentheid te stel.”

Die DA het ʼn beroep op die minister gedoen om die kwessie so gou moontlik te hanteer.

Die party gaan ook ʼn privateledewetsontwerp indien “om te verseker dat die regering se mislukkings nie aanhou om Suid-Afrikaners van hul trots te stroop asook dít wat ons as ʼn diverse nasie verenig nie”.

“Die Suid-Afrikaanse vlag en nasionale lied verpersoonlik ons ryk geskiedenis en ons hoop vir die toekoms. Ons doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om [Vrydag] die grootste en luidste Bok- en Protea-Vrydag ooit te maak,” sê Malatsi.

“Dra jou Springbok- en Protea-trui of Suid-Afrikaanse klere met ongelooflike trots in solidariteit met ons spanne.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Henri ·

Miskien wil die cANCer regering stimulante gebruik om hulle eie vermoëns te verbeter…

KB ·

Dalk is dit beter om nie onder die verkragte lied en die “liquirice all-sorts”-vlaggie te speel nie.

Die hele SA het ʼn “wake-up call” nodig.

Ons kan doen met ʼn bietjie stilte, ipv die irriterende- en lastige “Oom Kosie”

Alexander ·

so rassiste kan kommentaar lewer na smaak sonder dat Maroela dit flag ???

Lourens ·

Verduidelik waar dit rassisties is om nie van die cANCer-gekeleurde lap en die kombinasie-volkslied te hou nie?

B-Man ·

Wat ‘n vernedering vir die land en sy mense… maar nie vir die ANC nie!☺

Manie ·

Maak geen fout nie, die regering is tot absoluut niks positiefs in staat nie, maar steeds glo die massas hulle presteer na wense.

Owlie ·

Gereeld lees men’s van die ANC regering se onbevoegdheid om die leiers party van Suid Afrika te wees Ons beleef elke dag hul onbevoegdheid Hul eie mense in die townships beleef hul onbevoegdheid met swak behuiding, swak dienslewering, swak werks beloftes Hoe is dit moontlik dat daar nie n grondwet in plek is vir die afskaffing skorsing, be eindiging van leierskap poste waar onbevoegdheid, swak leierskap, onbereikbare beloftes, korupsie, bedrog en vele meer ons Nationale taal is!

Samuel ·

Ek stem volkome saam. Ten minste het dit betekenis gehad en nie soos ‘n duvet gelyk nie.

Johann ·

Maar hulle kan twee “supa fens” Rugby WB toe stuur en wyerom te sê hoe hulle gekies is en wat dit kos?

MJLS ·

Danksy die cANCers se onvermoë om die werklikheid in die oë te staar en te beplan vir die toekoms, is ons land tot op die randjie van die afgrond “bestuur/regeer” (bygesê as hulle weet wat dit beteken).

Samuel ·

Indien SA verbied sou word om sy landsvlag by internasionale sportbyeenkomste te hys, sal dit sekerlik aldus die cANCer, iemand anders se skuld wees. Die arme agtergeblewenes sal nooit bykom nie.

Andre ·

Ja, hys die ou vlag en sing die Stem. Dit sal anc dalk laat wakkerskrik.

Papsak ·

Die mooiste vlag die oranje blanje blou vlag huis hom en die ou landslied baie mooier !!!!!!!

Wit Leeu ·

Hulle sit mos heedag en Kentucky vreet plaas daarvan om te werk ! So kry vir julle klomp spek nekke !

Boer ·

Die oplossing is maklik, nou kan die springbokke met die springbok oorspronklike trui speel sonder die nasionale protia- wapen op en selfs dan kan hulle die oorspronklike stem sing en nie die ANC volkslied nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.