‘As Mantashe hiéroor lieg, waaroor lieg hy nóg?’

Gwede Mantashe (Foto: Courtney Africa/ANA)

Die DA sê hy neem kennis van die minister van minerale hulpbronne en energie se ommeswaai oor sy vroeëre bekentenis dat hy joernaliste omgekoop het.

ʼn Storm het losgebars om die kop van Gwede Mantashe, ook die voorsitter van die ANC, nadat hy erken het hy het aan ʼn verslaggewer van Sunday World gesê hy het ander verslaggewers van die koerant omgekoop om nié ʼn berig te plaas nie.

Hy het nou sy deuntjie verander en sê hy het hulle inderwaarheid nié betaal nie.

Die minister se nuwe erkenning kom ná ʼn vergadering Donderdag tussen hom, die redakteur van Sunday World, Makhudu Sefara, en die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef).

Kevin Mileham, die DA se woordvoerder oor energie, het gesê dié nadraai is bykans komies en selfs al het die minister gelieg oor die omkopery, is dit net ʼn aanduiding dat hy openlik oneerlik opgetree het.

Die voorblad van Sunday World. (Foto: Facebook)

“Die vraag moet dan ook gevra word: as minister Mantashe hieroor gelieg het, waaroor het hy nog gelieg?”

Die DA sê die parlement se gesamentlike komitee oor etiek en ledebelange moet Mantashe se optrede ondersoek.

“Die feit dat die minister nou links en regs sy storie verander, stel hom nie vry van die feit dat bewerings teen hom gemaak is nie. Hy moet daarop antwoord. Daar is nooit ʼn rokie sonder ʼn vuurtjie nie,” het Mileham gesê.

Die DA het ook ʼn beroep op Sunday World gedoen om sy ondersoek na die bewerings voort te sit.

“Suid-Afrikaners verdien onberispelike gedrag van lede van die nasionale regering. Leuens oor skulderkennings wat betref die omkoop van lede van die media is kwalik ʼn aanduiding van Mantashe se respek vir die pos wat hy beklee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Kraaibakke ·

N Persoon in so n hoe posiesie so kan omdraai en sulke dinge doen onbetroubaar.

Johann ·

Inhirent gewetenlose LEUNAAR! Pas die ANC profiel soos n handskoen. Sluit in n onaantasbaarheids sindroom.

Drukkersduiwel ·

Julle het per ongeluk die man se van in die opskrif verkeerd gespel…ek is net bang hulle arresteer die verkeerde ou. Haha, geen kwade gevoelens, MM!

Judge Dredd ·

Kom ons almal maak of ons verbaas is dat politici lieg.
Ek sal begin.

“Ek is geskok…..”

John ·

Oupa Matrashe weet mos hoeka wat die waarheid is. Die joernaliste het hom sommer hier uit die bloute getackle… Los die tackles vir oupa… Sies vir julle? Dis ‘n ou oom…

andre ·

Mense wat wil lieg moet ‘n baie goeie geheue hê!

Dis duidelik dat Gwede se geheue besig is om te ‘gaan’ … nou vang sy liegstories hom.

Wens die VSA wil hom ook ‘swartlys’ soos vir die Guptas.

Gert van Wierdapark ·

Die twee manne is skynbaar lief vir vars Groen slaai! Dis ook goed as ministers saam plesier daaruit kan put!

Pieter ·

Hy moet gaan vir spraak terapie want dink klink of hy op gooi as hy praat en as hy begin praat gooi ek op die goed maak n mens siek

Feite ·

n Kader wat nie lieg nie, wat nie mislei nie, wat nie korrup is nie, is nie n kader nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.