Baasbrein van onwettige mynbou doodgeskiet; word verbind met 29 moorde

(Argieffoto)

Die baasbrein agter verskeie onwettige mynbedrywighede wat reeds vir ʼn geruime tyd deur die polisie gesoek word, is die afgelope naweek by Jabulani in Soweto doodgeskiet nadat hy ʼn vuurwapen op die polisie gerig het.

Volgens brig. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, word die man, ʼn Lesotho-burger, met minstens 29 onwettige mynbouverwante moorde in Soweto verbind, waaronder die taverne-slagting in Nomzamo waarin 16 mense dood is.

“Die verdagte is tydens ʼn opsporingsoperasie deur Operasie Vala Umgodi – ʼn multidissiplinêre span wat deur die nasionale polisiekommissaris saamgestel is om onwettige mynbouaktiwiteite hok te slaan – doodgeskiet. Die verdagte het inhegtenisneming by sy skuilplek in Soweto probeer ontduik en ʼn vuurwapen op die span gerig.”

Tot dusver het die spanne verbonde aan Vala Umgodi byna 4 800 verdagtes vir ʼn rits misdade aangekeer. Hulle het ook op 7 130 ongeslypte diamante ter waarde van R32 miljoen én R4 miljoen kontant beslag gelê.

“Net verlede week het die spanne 62 verdagtes in Limpopo en nege verdagtes in die Noord-Kaap vir hul rol in onwettige mynbedrywighede in hegtenis geneem. Sewe ongelisensieerde vuurwapens is ook in ʼn skoendoos by ʼn geïdentifiseerde adres in Postmasburg gevind,” sê Mathe.

Dieselfde span het in April op R1 miljoen kontant, asook op verskeie stuks myntoerusting wat in onwettige mynbou gebruik word, by ʼn huis op Carletonville beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jo-Anne ·

Kan die span asseblief ook van die zama zamas in Roodepoort en Krugersdorp kom ontslae raak.

Vanessa ·

Uitstekende werk. Ons is trots op julle. Dit is die beste nuus ooit!!! Dit laat ‘n mens goed voel om sulke positiewe nuus te hoor.

Amelia ·

Goeie nuus wonder hoekom dit nie al lankal gebeur het nie als lyk my gebeur maar net oor verkiesing wat om die draai is

Casper ·

Wonder nou te wat gaan van die Diamante en geld word.Betaal die geld in die staatskoffers in en so ook die opbrengs van die Diamante.’n Ene voornemende politikus sal dalk belangstel om van die klippies te koop.

Jeanette ·

Jinne maar dit gaan darem lekker vir ander landse burgers om te floreer hier in SA. Kom van buurlande stap hier in en begin jou kriminele bedrywighede word vir jare nie gevang nie en word skatryk in die proses. Maar so loop almal se uurglas leeg ne?

Henker ·

Die regering wil mos geen grensbeheer toepas nie. Free for all. Kom stap net oor. Nou byt dit hulle stadig aan meer en meer aan die bas.

Danie ·

Die manne moet voortgaan met hul goeie werk.
Dit klink na n uitstekende inkomste vir die staat.

Cassie Carstens ·

Hierdie is gevestigde netwerke wat nie sommer ongedaan gemaak gaan word nie. Die regering het hulle te lank toegelaat sonder om op te tree.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.