Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 24-jarige vrou is in verband met die voorval in hegtenis geneem. “Die verdagte en die baba is in die Nkanini informele nedersetting gevind. Die baba is nie leed aangedoen nie en is in goeie gesondheid.”
Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Kaapstad-landdroshof verskyn op aanklag van ontvoering. “Die omstandighede wat tot die voorval gelei het word nog ondersoek,” het Van Wyk gesê.
Die seuntjie is glo Donderdag uit die hospitaal ontvoer toe hy net 12 dae oud was. Die ma het in die hospitaal geslaap met haar seun langs haar in ’n bababedjie. ’n Verpleegster het haar omstreeks 02:45 wakker gemaak en haar gevra waar haar baba is. Die leë bababedjie het in die gang buite die kamer gestaan.
Dis wonderlike nuus! Dankie Maroela Media, ek is so bly dit is nie net weer ‘n berig en ons wonder vir ‘n lank tyd daarna wat die uiteinde was nie.