Beampte vas oor ID’s aan buitelanders

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Beampte van die departement van binnelandse sake in KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat hy glo Suid-Afrikaanse identiteitsdokumente aan buitelanders verkoop het.

Mayihlome Tshwete, woordvoerder van die departement, het gesê die beampte is Donderdag in Eshowe in hegtenis geneem tydens ʼn spesiale operasie nadat daar inligting ontvang is oor die beampte se beweerde aktiwiteite.

Volgens Tshwete is ʼn buitelander saam met die beampte in hegtenis geneem. Tshwete het gesê dit is in hierdie stadium nog nie duidelik hoeveel ID-boekies die beampte glo uitgereik het nie.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het die inhegtenisneming bevestig en gesê die verdagte is ʼn 46-jarige man. Volgens Zwane het die verdagte se beweerde onwettige aktiwiteite aan die lig gekom nadat ʼn 27-jarige Swazi-burger verlede maand in hegtenis geneem is.

“Sy was in besit van ʼn Swaziland-paspoort en ʼn Suid-Afrikaanse identiteitsdokument in verskillende name. Volgens die departement van binnelandse sake was die Suid-Afrikaanse identiteitsdokument vervals en is die vrou aangekla,” het Zwane gesê.

Die vrou het reeds twee keer in die hof verskyn en het skuldig gepleit op aanklag dat sy onwettig in die land en in besit is van ʼn onwettige identiteitsdokument is. Die beampte van binnelandse sake sal Maandag in die Eshowe-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van bedrog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dee ·

Watter tipe straf kry bedrieërs soos hy? Dit kan nie skrikwekkend wees want hulle hou net aan met lieg en bedrieg.

Winston ·

Dis in die aard van n skerpioen om te steek en n slang om te pik. Wat het verander?

Dee ·

Stel jou vrae reg! Vra liewer wat kàn verander! Dit is in die aard van slagoffers om ‘n hakskeen neer te sit op dieselfde skerpioen en ‘n klip teen die kop van die pikkende slang. Of dit gaan verander is egter onwaarskynlik want die hakskene is aan die hardloop na veiliger oorde terwyl die klippe in jaloesie gemik word na voertuie op die snelweë.

Peet Schabort ·

Baie waar Winston, soos my ma gesê het: “Wanneer jy die kat op die spek vasmaak wat anders kan jy verwag” ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.