Beamptes wat Krejcir ondersoek, word bevorder

Radovan Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Radovan Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Lede van die spesiale taakspan wat die Tsjeg Radovan Krejcir ondersoek, is bevorder.

Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, het Woensdag gesê dat elke lid van die taakspan met een rang bevorder sal word. Phiyega het gesê polisiebeamptes “kry baie min erkenning vir hul uithouvermoë”.

Phiyega het gesê “gegewe waar ons met die ondersoek trek, kan ons vol vertroue sê dat Krejcir tyd agter tralies gaan deurbring”. “Hy weet dit en juis daarom probeer hy ontsnap. Krejcir is sedert November 2012 agter tralies en is verlede maand skuldig bevind aan poging tot moord, ontvoering en dwelmhandel.

Krejcir het glo die naweek uit aanhouding probeer ontsnap, maar sy poging is deur die polisie gefnuik. Krejcir staan ook tereg op ʼn moordaanklag in ʼn ander saak. Hy en vier ander word daarvan beskuldig dat hulle Sam Issa in Oktober 2013 vermoor het.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Radovan Krejcir op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Akram ·

genugtig. is die man al gevonnis? ek dink nou aan die ander ondersoek beamptes wat die moorde opgelos het en vonnisse gekry het, gaan hulle ook bevorder word? hoe gaan dit werk? maw, as n krimineel gevang word, staan die ondersoeker n kaans om bevorder te word? en die wilddiewe wat die resnosters so uitroei en tronk toe gaan? dwelmsmouse? dit behoort goeie motivering te wees. ek dink net dat daar dan dalk meer hoe koppe sal wees as die onder offisiere. wat goed is vir dieen moet ook toegepas word op die ander. of is daar nou weer n ander storie agter die storie?

Gironki ·

Noudat die polisiekommissaris Phiyega, se pos in die gedrang is en sy aan Zuma moet verduidelik waarom sy nie uit haar pos ontslaan moet word nie, vind al hierdie bevorderings plaas. Het vanoggend op RSG gehoor al die polisie-konstabels en – sersante gaan bevorder word.

Bach ·

Hierdie is ook korrupsie en plundering vd staatskas om Phiyega se bas te probeer red.

Kobus ·

voordat ek die polisie gelos het omdat dit eintlik n politieke party behoort te wees, het ek en twee ander lede n reeksverkragter vir 108 jaar tronk tie gestuur, nie eers n dankie gekry nie, wonder net waar ons bevordering is, sy is besig om n president te skep wat sy nie gaan kan hanteer nie.

Shirley ·

Ja, my man is a 20 jaar ‘n Kaptein in die speurdiens en betree al vir 3 jaar ‘n Majoor pos, maar elke keer as daar rang bevordering is kry hy dit nie. Seker sy vel kleur wat teen hom tel. Hy is al 31 jaar in diens van die SAPD

alida ·

Dit is ‘n siek spul en ons kan niks daaraan doen nie. Hoe meer korrup jy is en hoe meer jy steel hoe groter is jou bevordering!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.