Bedrywighede verskerp by Mount Ayliff

(Foto verskaf)

Die polisie het sy bedrywighede verskerp in Mount Ayliff in die Oos-Kaap ná agt persone op Kersdag dood is.

Brig. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, het gesê lt.genl. Liziwe Ntshinga staan persoonlik aan die hoof van die bedrywighede op berge in die gebied. “Alle magte op die grond is op soek na die verdagtes wat by die gewelddadige struweling tussen die twee groepe betrokke was.”

Ses persone is reeds in verband met die skietery in hegtenis geneem. Hulle was deel van ʼn groep van 12 wat tydens die voorval beseer is en is in hegtenis geneem toe hulle uit die hospitaal ontslaan is.

Maroela Media het vroeër berig twee opposisiegroepe het mekaar op Kersdag in Mount Ayliff aangeval. Die dispuut hou vermoedelik met taxiroetes verband. Brig. Vish Naidoo, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê die SANW en die SAPD is op soek na die verdagtes wat in ʼn wyd uitgestrekte, meedoënlose en byna onbegaanbare gebied in Mount Ayliff wegkruip.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.